|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek boer met Simmentaler beeste in Oos-Gauteng. Ek is so halfpad deur my kalweroes en 77% van al die kalwers is bulle. Verlede jaar het ek dieselfde
ervaar. Ek maak net gebruik van KI (Taurus-, Genootskap- en Privaatbulle).
Een van my buurmanne het dieselfde ervaring. Wat kan dit veroorsaak?
Normaalweg sou ‘n mens verwag om aan die einde van ‘n kalfseisoen ewe veel bul- en verskalwers te hê. Waar die bulkalwers soveel meer is as die verskalwers wat aangekom het, is die standaardverklaring gewoonlik dat enigiets in die natuur moontlik is en dat die getalle oor ‘n aantal dekseisoene homself sal uitsorteer sodat daar eweveel bul- en verskalwers is. Dr. John Chandler van die VSA het in 1996 ‘n studie gedoen wat getoon het dat die semen van sekere bulle meer Y-chromosome dra as ander bulle. In die studie met “DNA image analysis techniques” is gevind dat twee bulle uit ‘n groep van 10 onderskeidelik 82 en 84% Y-chromosome gedra het in vergelyking met die verwagte 50%. Dieselfde resultaat is verkry met ‘n opeenvolgende ejakulaat. Chandler kom dan ook tot die gevolgtrekking dat indien ‘n mens saad gebruik van ‘n bul met 80% Y-draende chromosome, jy ‘n klomp bulkalwers in die kalfseisoen moet verwag.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24