Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Teling / Bulle / Onvermo-van-bul-om-koeie-te-bevrug

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Onvermoë van bul om koeie te bevrug

Ingestuur deur Faffa op 12 Januarie, 2010 - 13:52

Vraag

Watter moontlike oorsake is daar dat die bul die oorsaak kan wees dat die koeie nie beset raak nie?

Antwoord

Deur: Dr. LÉRICA LE ROUX

Daar kan verskeie redes wees waar die bul die rede is waarom ’n koei nie beset kan raak nie. 

Opgesom kan die oorsake as volg ingedeel word:
·         ’n gebrek aan libido (deklus)
·          onvermoë van die bul om sperme te produseer (impotentia generandi)
·         die fisiese onvermoë van die bul om die koei te dek (impotentia coeundi).
 
Ongelukkig word onvrugbaarheid van die bul gewoonlik eers vermoed wanneer ’n lae dragtigheid/kalwingspersentasie in die kudde opgemerk word. Hierdie tydverspilling kan uiteraard tot groot verliese lei en daarom is dit van uiterste belang dat bulle voor en na dektyd ondersoek moet word om vrugbaarheid en dekvermoë te bepaal. Wanneer die dekseisoen eindig, is dit ook altyd goed om skedewasse van bulle te doen om seker te maak bulle is vry van deksiektes veroorsaak deur Tritrichomonas en Campylobacter.
’n Veearts se kundigheid word benodig om tussen die verskeie oorsake vir die gebrek aan besetting (ondanks ‘n goeie libido en in die teenwoordigheid van goeie kwaliteit saad) te onderskei; ‘n korrekte diagnose te maak en die bul te behandel – indien die koste van behandeling wat chirurgie mag insluit dit regverdig.
 
‘n Opsomming van moontlike oorsake vir die probleem is as volg:
 
1) Onvermoë om op die koei te klim
  • Bewegingsdefekte: hoefprobleme, been-, heup- of rugpyn
  •  Pynvolle kondisies van die geslagsorgane bv. ontsteking of vergroeisels
  • Ander pynlike kondisies soos lewerabsesse of traumatiese retikuloperitonitis         
(Lees antwoord:Koei vrek met swelsel onder keel, bors en voorbene)
 
2) Onvermoë tot  penetrasie
  • Slegte skedekonformasie
- ‘n voorbeeld van slegte konformasie van die skede is dat die vou van die vel voor die skede die skede-opening blok (die sogenaamde X-formasie)
- konformasieprobleme is veral ‘n probleem in Bos indicus rasse bv. in Brahmane
  • Fimose of afknelling
- hierdie kondisie is die gevolg van aanhegtings aan die penis of omliggende weefsel na besering, inflammasie, absesse of bloeding in die area
  • Lamina interna prolapsus
-hierdie kondisie kom voor wanneer die omliggende weefsel in die skede prolaps (uitstulp) as gevolg van slegte skede konformasie, ‘n buitengewone groot skede-opening, oormatige lamina interna weefsel of swak spiere in die area
  • Buitengewone kort penis
- hierdie kondisie is ongewoon, behalwe in Brahmane
- die kondisie raak gewoonlik eers ‘n probleem in ouer bulle (> 4 jaar)
  • Bloedvloeiversteurings
-‘n vaskulêre kondisie wat verhoed dat bulle ‘n volle ereksie kry
 
  • Phallocampsis (“kurktrekker penis”)
- premature draaiing of buiging van die penis
- hierdie kondisie word vermoedelik veroorsaak deur patologie (besering) van die ligamente
- ‘n oorerflike vorm van hierdie kondisie word aangetref in die Hereford ras (‘n insidensie van 12% in die poenskop Hereford)
  • ‘n Blywende frenulum
- 6 tot 8 maande na geboorte moet ‘n struktuur genaamd die frenulum van die penis skei. Indien hierdie skeiding nie plaasvind nie, sal die penis tydens ‘n ereksie omkrul.
  • Onvermoë om ‘n ereksie te behou as gevolg van skade tot die bloedtoevoer
  • Bindweefsel neerlegging
- weefsel wat ontstaan na besering van die penis wat buiging of draaiing van die penis tot gevolg het
  • Kankeragtige gewasse op die penis
  • Desensitering van die penis wat te wyte is aan beskadiging van die senuwees van die penis
 
Opsommend kan gesê word dat u lokale veearts die beste persoon is om u te help as u bul ooit ‘n probleem optel met dekonvermoё of dat u kudde se besettingspersentasie nie na wense is nie.
 
Geskryf deur:dr. Lérica le Roux, Intervet Schering-Plough Dieregesondheid
 
 
Lees ook:
       Waarna kyk jy as jy ‘n bul koop      
       Kry bultoets voor kooptransaksie
       Berei teelbulle en –ramme voor vir paarseisoen
       Peesterprobleem by bul
       Trigomoniase in beeste      
       Behandeling van bulle vir trigomoniase
       Vibriose in beeste

12 Januarie 2010

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 1867 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Toulouse en omgewing (4)
  • Jambalaja
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction