Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Voeding / Kalwers / Kalf-grootmaak-met-ad-lib-melk

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kalf grootmaak met ad lib melk

Ingestuur deur Janbez op 1 April, 2009 - 07:54

Vraag

'n Leser wil weet wat ons kundiges van sy stelsel om kalfies groot te maak dink.

Antwoord

Deur: Deur MARNUS DE JAGER

Vraag:
Ek het nou onlangs 'n nuwe stelsel begin met ons kalfies, waar ons 25 in 'n 0.15 ha kampie sit met 'n "ma" (200 liter drom met 12 speentjies) met ad lib half-sterkte melk. Ons meng 50% bies melk met 50% water (en vervang biesmelk met surromel wanneer daar nie meer genoeg is nie) en 'n dosis Supacalf en vind dat elke kalfie so 10-12 liter op 'n dag inneem.

Ons het besluit om nie inentings te doen nie en te kyk wat die resultaat sal wees. Die een rede waarom ons na hierdie stelsel oorgeslaan het, was omdat ons 'n klomp kalfies die vorige twee jaar in ons enkelkalfhokke verloor het. Ek is seker die rede dat ons soveel verloor het, was menslike foute (swak hygiene, enting, ens.), maar aangesien die kalfies nou saam loop en drink, beteken dit minder emmers om te was, asook minder hokkies om op te pas. Ons vind sover dat die dromme skoner is.

Die kalfies het ook nou meer plek om te mis. Die mis lê nie alles in een hoop onder die kalfies se voete nie. Die ander rede is van die kalfies se kant af - kalfies hou mos nie daarvan om alleen te wees nie, en mens kon altyd 'n geraas van hulle kant af gehoor het in die enkelhokkies. In die nuwe kampe lyk hulle baie meer ontspanne, met baie interaksie met mekaar en oefening van al die rondhardlopery.

Die kalfies kry ook baie meer skoon, vars lug, en tot dusvêr het ons nog nie een longontstekinggeval gehad nie, wat voorheen 'n probleem was. My vraag verg nie 'n antwoord of oplossing nie, maar net 'n opinie. Ek wil graag weet wat die kundiges van die stelsel dink. Behoort ons definitief te ent, selfs al is ons 'n geslote kudde en waarvoor? En kan 'n kalf te veel melk drink en haar rumen affekteer (ons gee hulle 'n kalfaanvangsmeel daagliks)? By voorbaat, dankie! - Renier (rapienaar@vodamail.co.za)

Antwoord:
Daar is baie aspekte van die stelsel wat nie genoem is nie, so my siening is gebaseer op die gegewe inligting. Om die kalwers te skuif na groepe toe, was 'n goeie besluit aangesien beeste tropdiere is en beter funksioneer in so 'n omgewing. Dit is ook in lyn met die huidige marksentiment. Ek stel voor dat diere van dieselfde ouderdom gegroepeer word om kompetisie rondom die "ma" te minimaliseer.

'n Stelsel waar 'n kamp vir 'n tydperk oop staan sal help om die opbou van parasiete in die kamp laag te hou en 'n "alles- in-alles-uit"-beleid kan ook voorkom dat siektes tussen groepe versprei. Voedingsgewys is dit standaard om daagliks 10% van die kalf se ligaamsmassa in melk te voer. Die idee is om die kalf nie heeltemal te versadig nie, maar te "dwing" om vroeër meer vaste stowwe in te neem. Dit maak dat die grootpens (rumen) vinniger onwikkel en sodoende kan die kalf vroeër en makliker gespeen word.

Om die melk so baie te verdun, word die stollingsproses in die suurpens belemmer, wat vertering en absorpsie verminder. Goeie kwaliteit bies kan wel verdun word: 2-3 bies: 1 water. Dit word algemeen aanvaar dat groot volumes melk kan oorspoel na die grootpens waar dit kan fermenteer en diarree veroorsaak, hoewel 'n onlangse studie deur Uys, 2008, getoon het dat geen sulke kliniese tekens gesien is in ad lib voeding van melk aan Jerseykalwers nie.

Inenting van kalwers is baie belangrik. Wanneer dit agterweë gelaat word en die weer skielik draai, of 'n aansteeklike siekte uitbreek, loop die boer die gevaar om groot verliese te ly. Enting sal maak dat minder diere siek word en die wat wel siek word minder ernstig geaffekteer word. Siekte op 'n vroeë ouderdom kan 'n groot effek hê op die kwaliteit koei wat sy sal word.

Inenting van moeders help om die kwaliteit van bies te verbeter. Inentings teen salmonellose (paratifus) en pasteurellose kan voordelig wees vir jong kalwers. Vir 'n meer volledige verduideliking van inentings beveel ek die boek Entstowwe en Immunisering van Plaasdiere deur du Preez & Malan aan.

Die feit dat 'n kudde geslote is, is onder geen omstandighede 'n rede om te dink jy hoef nie te ent nie. Inteendeel, so 'n kudde word baie vatbaar vir sekere siektes waaraan hulle nie blootgestel word nie, en op 'n stadium gaan die biosekuriteit maatreëls glip en gaan die produsent baie skade lei as sy diere nie geënt is nie.

Lees ook atwoorde:
2225546 Diarree by jong kalfies
2180667 Salmonella-infeksies by kalwers
2437303 Bloed in beesmis
2075367 Naelstringsiekte by kalwers
2374451 Vrektes van kalwers
1710162 Pasgebore kalfie sukkel om te groei
2175036 Voorkom kalwer-verliese
2186320 Biesmelk-vervanging
1975967 Wit maagwerkings by kalwers

Verwysings:

Du Preez J, Malan F 2006. Entstowwe en Immunisering van Plaasdiere. Agric Connect ISBN 978-0-620-37335-7.
Uys J L 2008. The effect of milk volume and group size on the growth and health of dairy calves.

 

  • Geskryf deur : Mnr. Marnus de Jager, Veeartsenykundestudent, Universiteit van Pretoria.

    1 April 2009

Addisionele dokument

5
Gemiddeld: 5 (1 vote)
Jou gradering: Geen
  • 4261 keer gelees
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wolmark vertoon stewig
  • Hael saai verwoesting
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction