Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Voeding / Spoorelemente / Kombinasie-van-multimin-se-plus-vitamien-ade

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Kombinasie van Multimin Se plus Vitamien ADE

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 18 Augustus, 2011 - 21:45

Vraag

Spuit jy Multimin Se en Vitamien ADE in kombinasie? Moet dit altyd geskied, nooit of net onder sekere omstandighede vir beeste, skape en bokke?

Antwoord

Deur: DR. WILLIE SMITH

MULTIMIN vul betekenisvolle hoeveelhede sink en selenium aan terwyl vitamine ADE betekenisvolle hoeveelhede vitamine A en D aanvul en baie min vitamine E. Vitamine E word gewoonlik slegs as preserveermiddel in die produkte ingesluit en is te min om werklik as aanvulling gereken te word.

Vitamine D3 word in diere gevorm vanuit 7-dehidrocholesterol en ultravioletbestraling van die dier se vel. Suidelike Afrika het ‘n oorvloed sonlig en behalwe vir diere wat deurgaans behuis word, het vryweidende diere, wat meer as 3 ure per dag in sonlig deurbring, geen ekstra vitamine D aanvulling nodig nie. Dit is meesal totaal onnodig om plaasdiere in Suidelike Afrika met vitamine D aan te vul.
Die sterk sinergistiese werking tussen vitamine E en selenium is bekend en hoewel algemeen aanvaar word dat selenium die meeste Vitamine E funksies kan oorneem, kan dit nie alle funksies oorneem nie, met ander woorde diere het selenium sowel as vitamine E nodig. Groen veldgras, groen aangeplante weidings en kleingrane is die beste bronne van vitamine E.
Die sterk sinergisme tussen vitamine A en sink is waarskynlik die belangrikste vir vryweidende plaasdiere in Suidelike Afrika omdat Suidelike Afrika baie sinkarm is en ons lang, droë winters tot ernstige vitamine A tekorte in die somerreënvalgebiede lei asook gedurende die droë somers van die Wes Kaap. Sink en vitamine A is interafhanklik en moet saam in genoegsame hoeveelhede teenwoordig wees om goeie gesondheid en normale liggaamsfunksies in groeiende/reproduserende plaasdiere te verseker.
Skape, bokke en vleisbeeste wat op groen somerveld en/of groen aangeplante weidings wei behoort voldoende vitamine E en beta karoteen, die voorloper van vitamine A in te neem.
Aanbevelings:
In die somerreënvalgebiede moet vleisbeeste, skape en Angorabokke altyd vitamine A+E gedurende laat-winter (Julie/Augustus/September) saam met MULTIMIN gespuit/gedoseer word en in die wintereënvalgebiede gedurende die laat-somer (Februarie/Maart/April).
By melkbeeste moet vitamine A+E altyd saam met MULTIMIN gespuit word, veral vier weke voor opdroog, vier weke voor kalf en vier weke voor K.I. Melkbeeste se behoefte aan spoorelemente en vitamine is hoër, veral gedurende die droë periode en net na kalf.
Vra asseblief ook altyd die Veearts en Veekundige in u omgewing vir ‘n aanbeveling. Landbougebiede verskil en die plaaslike kundiges se ondervinding en aanbevelings is van uiterste belang.
Geskryf deur: dr.Willie Smith, Voedingskundige, (williesmith@iafrica.com) Sel: 0824482737
16 Augustus 2011
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 745 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wie smous met BK’s?
  • Registrasie vir Nafu-lede
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction