Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Beeste / Voeding / Spoorelemente / Redes-vir-swak-kalfpersentasie-van-beeste

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 18:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Redes vir swak kalfpersentasie van beeste

Ingestuur deur Onbekende besoeker op 26 April, 2011 - 18:16

Vraag

Ek is 'n beesboer in die Gobabisdistrik in Namibiё en het sowat 200 aanteelkoeie. Die kudde bestaan uit Bonsmara, Simmentaler en Brahmankruisings. Die kalfpersentasie is swak (47%). Vir die afgelope 3 jaar het ek my bulle vir vrugbaarheid laat toets en die resultaat was dat hulle vrugbaar is. Die koeie word ook met Multimin 30 dae na kalwing gespuit en ek gee hulle ‘n fosfaatlek. Daar is 60 dragtige koeie wat in September gaan kalf en dan is dit baie droog. Kan u asb. vir my 'n voerresep gee om hulle kondisie te laat optel sodat hulle weer op hitte kan kom asook dat hulle genoeg melk vir hulle kalwers het. Groete, Munro

Antwoord

Deur: MARNUS DE JAGER en DR. DIETMAR HOLM

‘n Goeie kalfpersentasie is die resultaat van verskeie faktore wat reg bestuur word. As net een van hierdie faktore nie in plek is nie, dan is daar ‘n daling in die persentasie. Twee faktore wat ‘n groot rol speel is voeding en siektebeheer.

Voeding: Mens kry net uit ‘n bees uit, wat mens in hom insit. Gobabis se wêreld het goeie kwaliteit weiding, maar ongelukkig is kwantiteit ‘n probleem sekere tye van die jaar. Verseker dat die drakrag van die weiding nie oorskry word nie. As daar met tye tekorte is, moet u vroegtydig ekstra voeding begin gee. Dit is goed dat die beeste ‘n fosfaataanvulling kry, maar in die winter benodig hul ‘n aanvulling van proteïen en energie. In die vroeë winter behoort ‘n winterlek wat hoog is in proteïen (500g/kg) genoeg te wees. Wanneer die koeie kalf, kan hul op ‘n produksielek gesit word, dit het laer vlakke proteïen, maar is hoër in energie. Die lek moet vir die koeie gegee word tot ten minste ‘n maand na die eerste goeie reёn wanneer die natuurlike weiding weer voedsaam is. Daar is goeie kommersiële lekke  beskikbaar. U moet kyk wat u koeie vir u sê: maer koeie kan nie weer dragtig word nie, of goed vir hul kalwers sorg nie. Sodra koeie vinnig gewig verloor of maer is, moet hul ekstra voeding kry. ‘n Ander opsie wat u kan oorweeg, is om u kalftyd later te maak sodat die koeie kalf wanneer die weiding goed is.
Siektes: Daar is baie siektes wat die reproduksie van ‘n koei kan affekteer soos trigomoniase, besmetlike misgeboorte, campylobacteriose en nog ander. Dit is krities om u kudde te laat toets om te verseker dat een van hierdie siektes nie die oorsaak van die lae besettingsyfer is nie. Nader u veearts om raad te kry oor hoe u kudde getoets kan word en om ‘n entingsprogram in plek te kry.
 
Daar is ander faktore wat ek nie nou bespreek nie soos koeiseleksie, mikrominerale (Multimin word 4 weke voor paring en weer voor kalwing toegedien) en stresfaktore. Hul speel egter gewoonlik ‘n kleiner rol in onvrugbaarheid en dit is belangrik om eers die ander, soos hierbo genoem in plek te kry.
Geskryf deur: Marnus de Jager, Finalejaar Veeartsenykunde student en dr. Dietmar Holm BVSc,MSc(Vet),  Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria (dietmar.holm@up.ac.za)
26 April 2011
Lees ook:
Bestuursriglyne vir vleisbeeste
Berei teelbulle en –ramme voor vir paarseisoen 
  
 Fosfaat
Fosfaataanvulling in beeste
Fosfaat-aanvulling in beeste: Duur of mite
Beenmeel as veevoer verban
Drinkfos vs. fosfaatlekke
Drinkfos vir beeste
Die regte hoeveelheid fosfaat vir beeste
Lekinname en biobeskikbaarheid van fosfor
Lekke
Winterlek vir beeste
Groenveldweiding-watter lekke nodig is
Lekaanvulling in winter en kafeteriastelsel
Lekinname bepaal kuddeprestasie
Lekinname en biobeskikbaarheid van fosfor
Beeste wil nie lek vreet                                                                               Lekblokresepte
 
Verse
Voeding van vervangingsverse
Voeding van dragtige verse
Voeding vir vers wat pas gekalf het
Voeding van verse wat vroeg bul vat

 Wintervoeding
Voeding van maer beeste in winter

  
 Winter-byvoeding
 Winter-byvoeding vir veldbeeste
 
Spoorelemente
Spoorelemente in herkouers
Spoorelemente (Deel 2)
Selenium
Antagoniste vir spoorelemente                                                                      
Invloed van drinkwater met lae pH en hoe ystervlakke op die groei van diere                                                                                                                          
Yster as antagonis

Swak herkonsepsie van eerstekalfkoeie 
Deksiektes
Trigomoniase in beeste
Vibriose in beeste
Behandeling van bulle vir trigomoniase
 Siektes
Alles oor Besmetlike misgeboorte (BM)
 
Wat is BVD?
Die belang van beesvirus-diarree (BVD) in S.A.
 
Entstowwe
Entstowwe en immunisering
Entstowwe en die immunisering van plaasdiere
Entstowwe – die soorte en hul werking
Verskil tussen lewende en geїnaktiveerde entstowwe
Waarom faal inenting?
Leeftyd van entstof na gebruik of vermenging
Sterilisering van naalde vir immunisering
Gesamentlike toediening van entstowwe                                                    
Entstowwe vir beeste
Opstel van 'n immuniseringsprogram
 

 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 1167 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Bosluisbytkoors en bosluiskoors by mense en honde
  • Snotsiekte deurlopend bekyk?
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction