Vra vir Faffa

Besproeiing van lusern in die winter

Vraag

Hoeveel water moet vir lusern in die winter gegee word?

Antwoord

Daar is lusernkultivars wat meer aktief in die winter groei. Dit is die sogenaamde Dormansie groepe 9 & 10 (bv HL 9).

Hulle groei meer aktief in die koue maande en kan weekliks met 25 tot 30 mm besproei word.

Die Dormansie groepe 6 & 7 (bv. SA Standaard) groei nie so aktief in die winter nie en minder of selfs geen besproeiing  word in in die winter gegee.

Die plante moet maar dop gehou word, as hulle wel in die winter groen bly en aktiewe groei opgemerk word, bespoei dan.

Geskryf deur:  Prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

12 April 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.