|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek het 350 hektaar lande. Die lande het vir 5 jaar leeggelê en daar groei nou net onkruid. My kennis beperk my om die lande of plaas ten volle te bewerk.
Kan u asb. vir my stappe van hoe om die lande te bewerk gee sodat ek weer iets daar kan plant. (Eragrostis, mielies, koring, ens).
Ek stel voor dat jy by jou naaste boerevereniging en/of studiegroep aansluit. Leer die boerderyomgewing in jou gebied ken – kuier en gesels – en besluit dan op ’n praktyk/stelsel waarin jy belangstel, iets waarmee jy kan saamleef en wat jy graag sou wou doen. Moet nie in iets betrokke raak wat finansieel goed klink , maar jou nie interesser nie. Suksesvolle boere hou van wat hulle doen, party van saai en ander verkies weer vee.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24