|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 18:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek wil graag begin om te boer, het 'n 4 hektaar plot gekry in Meyerton omgewing. Stel belang in selfbehoud asook om 'n bietjie ekstra geld te maak.
Wat is die mees winsgewendste op 4 hektaar?
Ek wil jou nou nie ontmoedig om te boer nie maar ‘n 4 hektaar plot sal heelwaarskynlik selde ‘n lewensvatbare boerdery kan huisves. Jy sal baie intensief daarop moet boer en jy sal ook ten minste iets soos ‘n tonnel moet opsit waarin jy met groente of blomme kan boer wat ‘n baie hoë drakrag het.
Ongelukkig sal jy noodwendig nog geld moet spandeer, buiten die plot se aankoopprys, om dit lewensvatbaar te kan maak. Tonnelverbouing vereis ook nog verdere hulpbronne soos water en kan ook arbeidsintensief raak. So, ja dit is moontlik om lewensvatbaar op 4 hektaar te boer, maar jy sal baie intensief daarop moet boer om dit winsgewend te kan maak.
Geskryf deur dr. Philip Theunissen philip@computus.co.za
19 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24