Boerdery met Boschveldhoenders

Vraag:

Ek het 25 Boschveldhenne en 2 Boschveldhane wat ek in twee groterige hokke agterin my erf aanhou. Ek het die hane geskei met elk 'n klompie henne. Die hoenders is nou ongeveer 18 maande oud en ek gebruik hulle hoofsaaklik vir eiers. Ek voer hulle chicken mix (mieliegruis en sonneblom) en laying mash. Ek gee hulle ook elke dag ‘n handvol groen radyslobbe wat ek spesiaal in my tuin vir hulle kweek. Dis goedkoop, groei maklik en die hoenders geniet dit. Ek gee geen innokulasies of ekstra vitamiene by nie. - Van die henne se rugvere val nou uit en hulle rûe is nou ontbloot. Is dit 'n probleem en wat is die rede? Is dit dalk vlooie of luise? Ek maak hul hokke een keer per week skoon - Kan ek karbadust op hulle strooi as hulle snags slaap? Moet ek ook onder die vlerke ingooi? - Ek wil graag kuikens van die een haan kry en daar is twee henne wat pal op die eiers bly lê. Ek haal maar die eiers so onder hulle uit. Kan ek eiers van die spesifieke haan se hok saam met een van die henne in 'n aparte hok sit en dit laat uitbroei?

Antwoord:

 

Die kaal rüe word heelwaarskynlik deur ektoparasiete veroorsaak, sien onderstaande skakels. Jy kan gerus Karbadust (G421) gebruik en poeier die hoenders goed..
Skei die twee henne sodat daar een hen en een haan in die hok is. Laat die hen toe om op die eiers te sit.
 
 
Geskryf deur : dr Mick Versfeld, pluimveekundige (mickversfeld@mweb.co.za)
 
24 April 2012
 
Lees ook:
 
 

24 April 2012

773 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights