|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 19:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Klein varkies, van sowat 4 weke oud, ontwikkel erge diarree. Wat kan die oorsaak wees?
Vraag:
Klein varkies, van sowat 4 weke oud, ontwikkel erge diarree. Wat kan die oorsaak wees? Ek het gehoor van 'n entstof wat gespuit moet word voordat die sog kraam en dit verhoed glo diarree. - Gerrie Haywood (haywood1@telkomsa.net)
Antwoord:
Die entstof Porcilis Porcoli Diluvac Forte (Reg. No. G3164 Wet 36/1947, Namibia Reg. No. N-SR1241) word gebruik vir die passiewe immunisasie van jong varkies deur die aktiewe immunisasie van die sog voordat sy jong. Die kliniese tekens wat mortaliteite veroorsaak, sluit in diarree as gevolg van neonatale vergiftiging van die spysverteringskanaal. Diarree word gewoonlik deur bakterieë veroorsaak nl. Escherichia coli. Die entstof Porcoli Diluvac Forte (Reg. No. G3164 Wet 36/1947, Namibia Reg. No. N-SR1241) bevat dan ook antigene van die E. Coli- bakterie wat dan immuniteit in die vark verwek.
Sôe moet geënt word 2 weke voor hulle jong. Sôe wat nog nie voorheen geënt is nie, moet ingeënt word 6-8 weke voor jonging en 'n opvolginspuiting moet 4 weke later gegee word. Die dosis is 2ml/sog.
4 Oktober 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24