Die Departement van Landbou het volgens die 2007 handleiding geen onkruiddoder vir die beheer van uintjies (die 2007 uitgawe is die nuutste beskikbare uitgawe) geregistreer nie.
Monsanto het wel ‘n produk wat uintjies beheer, maar is nie geregistreer vir gebruik in kopkool aanplantings nie. Lasso Micro Tech (Reg no L4728)is ‘n mikrogeёnkapsuleerde vooropkoms onkruiddoder vir die beheer van meeste eenjarige grasse en sekere breёblaaronkruide.
Terloops, volgens Wet 36/1947 mag geen middel aanbeveel word vir gebruik op ‘n plantsoort as dit nie geregistreer is vir gebruik op daardie spesifieke plantsoort (bv. koolplante) nie.
My raad is om maar die uintjies uit te skoffel in die koollande.
Klik op onderstaande adres vir inligting oor glifosaat
18 Desember 2011
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)