Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Grond-plante-en-plae / Mielies / Vogpersentasie-van-mielies-be-nvloed-prys

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 20:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Vogpersentasie van mielies beїnvloed prys

Ingestuur deur Faffa op 11 Julie, 2011 - 11:14

Vraag

By watter vogpersentasie moet ek my mielies stroop ten einde die koste te beperk?

Antwoord

Deur: HANNES NOËTH

Die somerreënvalstreke in Suid-Afrika het relatief droë winters en dit is ook gedurende hierdie tyd wanneer mielies gestroop moet word. In Suid-Afrika word mielies geag droog te wees wanneer die voginhoud ≤ 14% is. Die massa waarop die produsent uitbetaal word, is egter gebaseer op ‘n voginhoud van 12,5%. Indien die vog onder 12,5% is, word die produsent nie daarvoor vergoed nie en verloor hy dus massa. Baie graansilo’s in die land is toegerus met graandroërs, wat die moontlikheid aan die produsent bied om sy mielies teen vogpersentasies van so hoog as 20% te kan lewer. Die produsent kan dus sy kontantvloei versnel deur die mielies natter te lewer en droogkoste te betaal. Die koste om die mielies te droog, moet egter verreken word teenoor die rente-en kapitaalverpligtinge wat die produsent moet nakom. Daar mag ook ander oorwegings wees, soos om byvoorbeeld oesreste beskikbaar te hê vir weiding, of om lande betyds gereed te kry vir ‘n volgende oes.  

Faktore soos kultivar, pit tot stronk verhouding, klimaat (temperatuur, lugvoginhoud, windsterkte) en grondvog bepaal die tempo waarteen die mielies sal afdroog.
 
Om ‘n sinvolle besluit te kan neem, moet die produsent weet wat sy kostes per hektaar beloop, asook wat die droogkostes per ton vir mielies teen verskillende vogpersentasies is. In die voorbeeld is die koste per hektaar om vier ton mielies in die Oos-Vrystaat te produseer op R5000 gestel. Die renteverpligting vir een maand teen 10% beloop dus R42. Teen ‘n opbrengs van vier ton per hektaar en ‘n mielieprys van R1 700 per ton is die produsent se bruto inkomste per hektaar dus R6 800. Indien die produsent op geleende kapitaal boer, beloop sy rentekoste teen 10% op R6 800 vir een maand dus R56.67.
 
Droogkostes vir mielies by VKB se silo’s, is soos in onderstaande tabel.
                                   

Vog % mielies
Drogingstarief
14,1-15,0
R15.43 /ton
15,1-16,0
R20.53 /ton
16,1-17,0
R36.56 /ton
17,1-18,0
R48.97 /ton
18,1-19,0
R61.36 /ton
19,1-20,0
R76.26 /ton
20,1-21,0
R89.87 /ton
21,1-22,0
R103.05 /ton
22,1-23,0
R115.54 /ton
23,1-24,0
R132.89 /ton

 
 Met bogenoemde as agtergrond en die aanname dat die produsent een maand moet wag vir sy mielies om af te droog van 18% tot 14%, kan ons dus sê dat indien die produsent net produksiekoste moet diens (rente R42/ha), sal dit hom betaal om sy mielies te droog op 17% vog en laer. As die produsent ook ander kapitaal moet diens, sal dit hom betaal om reeds die mielies te begin stroop wanneer die vog 18% is.
 
Geskryf deur:Hannes Noëth, Akkerboukundige (hannesn@telkomsa.net)
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 825 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Boer aangerand oor begrafnis
  • Grondbesit in Zim onder oë
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction