|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 20:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Wil graag begin boer en kyk na tabak om mee te begin. Is dit n goeie gewas om mee te begin boer? Ek sukkel verskriklik om inligting te kry oor tabak, soos insetkostes p/ha, wins p/ha ens. Wil ook graag weet of daar n kursus is wat ek kan bywoon om te leer oor tabak?
Enige hulp en inligting sal baie waardeur word
Tabak vaar goed in swakker grond en bied boere ‘n welkome alternatiewe oes. In baie gevalle voorsien dit ‘n hoër inkomste as enige ander kleinboerproduk. As gewas pas dit goed in by omgewingsvriendelike rotering.
‘n Tipiese boer met byvoorbeeld twee tot drie hektaar grond kan ‘n goeie inkomste verdien uit slegs ‘n klein gedeelte van daardie grond indien hy tabak daarop sou verbou.
Die naaste kooperasie kan die boer help deur saad en misstof te voorsien en advies te gee oor die aanplant, verbouing, oes en droging van tabak en ander gewasse.
Dit is nie raadsaam om algemene riglyne te verskaf nie, aangesien daar spesifieke faktore in elke streek is wat in aanmerking geneem moet word, soos die soort grond, stikstofvlakke, reënvalvlakke, en so meer.
Opleidingskursusse oor tabak word op versoek deur die LNR-Instituut vir Industriële Gewasse (IIG) Tel: 014 536 3150 saamgestel. Die Laeveld Landboukollege in Nelspruit bied ook ‘n kursus oor tabak aan. Tel: 013 753 3064 Vir meer inligting kontak die Tabakinstituut van Suid-Afrika (TISA) by Tel: 021 421 0011; www.tobaccosa.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24