|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 20:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Leser vra raad vir haar hond wat hoenderkos bo hondekos verkies en een van ons kundiges help.
Vraag:
Ek het 'n 8 maande-oue opregte teef van medium grootte wat die hondekos laat staan maar die hoenders se kos wat langsaan in 'n sak is, eet. Sy het eers begin om die heel mielies te vreet, tot ons dit buite haar bereik gesit het. Daarna het sy die mieliegruismengsel begin vreet, terwyl die hondekos in haar bak bly staan. Kort daar dalk iets in haar dieet? Sy kry ook oorskietkos uit die huis uit. - Sumanda (photography@sumandamaritz.co.za)
Antwoord:
Op 8 maande ouderdom groei die teef nog en dit is uiters belangrik dat sy 'n gebalanseerde dieet kry. Graan, soos byvoorbeeld mielies, word geklassifiseer as 'n koolhidraat en bestaan primêr uit stysel (>60%). Proteïene, vet en vesel maak die grootste persentasie van die balans uit. Graansoorte soos mielies, rys, koring, gars en hawer word gebruik vir die meerderheid van die stysel in kommersieel beskikbare hondekosse.
In dié kommersieel beskikbare hondekosse is die stysel in 'n vorm wat maklik verteerbaar is weens die kook- en uitpersingsprosesse in die maak van dié hondekosse. Die stysel in kommersieel beskikbare hondekosse word gebruik om struktuur, tekstuur en vorm aan die hondepille te gee. Bo en behalwe koolhidrate, bevat gebalanseerde hondekosse ook proteïene, aminosure, minerale, vitamine en essensiële vetsure.
Ek beveel aan dat u die hoenderkos wegbêre waar die teef nie toegang daartoe sal hê nie en dat u vir haar 'n gebalanseerde hondekos by u veearts, troeteldierwinkel of supermark aanskaf. Voer haar dan volgens die aanwysings op die agterkant van die sak. Ek stel ook voor dat u vir haar 'n verskeidenheid van speelgoed aanskaf wat haar gedurende die dag sal besig hou.
Verwysings:
Zttinger S J & Feldman E C. 2000. Textbook of Veterinary Internal Medicine 5th Edition. W.B. Saunders Company, USA.
Hand, Thatcher, Remillard & Roudebush. 2000. Small Animal Clinical Nutrition 4th Edition. Mark Morris Institute, USA.
23 Maart 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24