Menu

Hond verloor hare

Vraag:

Ons Jack Russel is 10 weke oud en sy is besig om al haar hare te verloor. Sy eet Pedigree kos vir klein hondjies. Sy het al haar inentings gekry. Wat kan ek doen?

Antwoord:

Haarverlies is net abnormaal as dit gepaard gaan met die ontwikkeling van die gedeeltelike of totale afwesigheid van hare in areas waar dit normaalweg voorkom – ‘n kondisie wat alopesie genoem word. Indien alopesie nie teenwoordig is nie, is dit moontlik net ‘n normale stadium in die vervanging van die haarpels waar die ontwikkeling en groei van ‘n nuwe haar gepaard gaan met die verlies van die ou haar. Deur die hondjie gereeld te borsel sal daar minder hare in die omgewing en op die meubels agterbly. 

Indien alopesie teenwoordig is in u Jack Russel, sal u die hondjie na u veearts moet neem sodat ‘n diagnose gemaak kan word.
 
Let asseblief daar op dat hondjies op 6, 9 en 12 weke ouderdom ingeënt moet word teen hondesiekte, honde adenovirus (hepatitis of lewerontsteking), parvovirus (katgriep) en parainfluensa virus. Dit word nou selfs aanbeveel dat ‘n verdere skraagdosis op 16 weke ook gegee word. Hondjies moet ook op 12 weke teen hondsdolheid ingeënt word en ‘n skraagdosis moet tussen 30 dae en 9 maande na die eerste hondsdolheid inenting toegedien word. Daarna word jaarlikse of drie jaarlikse skraagdosisse toegedien. 
 
Verwysings:
1.    The Merck Veterinary Manual [webblad] beskikbaar by http://www.merckvetmanual.com soos op 6 Oktober 2009.
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc)
 
Lees ook:
 
Skaaphond in stad verloor hare
 

7 November 2009

2940 keer gelees | 2 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Wikus

2012/11/06 06:23:29 PM

My honde verloor hare nou al vir vier jaar lank dis noe bietjie nie ek borsel hom elke dag uit en ek sal n gewone plastiek sak vol hare maar wat is dit kan iemand my help ...? Hy is nou 4 jaar en 6 maande oud dis n jackrussel is daar pille vir dit of is sy dieeet verkeerd hy eet montego die ander pille wil hy glad nie eet nie het al tot ultra dog probeer maar hy eet dit nie ...

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.