Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Jou-troeteldier-en-jou-veearts

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 20:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Jou troeteldier en jou veearts

Ingestuur deur Janbez op 21 Junie, 2011 - 16:13

Vraag

Watter rol speel veeartse in my troeteldier se lewe?

Antwoord

Deur: Dr. SUNELLE STRYDOM

Net soos kinders, kan jou beste vriend nie na homself omsien nie. Honde en katte is eintlik met so min tevrede en is doodgelukkig solank daar net aan hulle basiese behoeftes soos versorging, voedingsbehoeftes, stimulasie en behoefte aan aandag voldoen word. Hoe kies ‘n mens ‘n troeteldier met behoeftes waaraan jy kan voldoen? Waar kry mens die beste advies om te verseker dat daar aan jou beste vriend se behoeftes voldoen sal word? Met so ‘n verskeidenheid van inligtingsbronne (internet, boeke, TV, tydskrifte ens.) wat mekaar gereeld weerspreek, hoe weet mens wat is reg en wat is verkeerd?

Veeartse studeer jare, nie net om kennis op te bou oor siektes van diere nie, maar ook om breedvoerige kennis op te doen oor siektevoorkoming, die eienskappe van verskillende hond- en katrasse, dieregedrag, voedingsbehoeftes, gewigsverliesprogramme, basiese honde-opleiding, hoe om ‘n stimulerende omgewing te skep en sodoende gedragsprobleme te voorkom weens verveeldheid, berading wanneer genadedood ‘n opsie word om ‘n ou vriend uit sy pyn en lyding te help, ens. Geen verantwoordelike troeteldiereienaar kan dus ‘n troeteldier aanhou sonder om ‘n veearts gedurende die troeteldier se leeftyd te besoek nie.

Die verhouding met ‘n veearts kan selfs voor die aanskaf van ‘n troeteldier begin, wanneer ‘n veearts advies kan verskaf oor die beste hond- of katras vir jou huishouding deur faktore soos spasie, waarde van die tuin, tyd weg van die huis af, kinders of ander troeteldiere in die huishouding ens. in ag te neem. ‘n Veearts kan u ook raad gee oor waar ‘n betroubare teler opgespoor kan word, want die aanskaf van ‘n ingeteelde troeteldier by nie-betroubare bronne kan tot baie hartseer lei. Ingeteelde troeteldiere kan ‘n groot verskeidenheid van genetiese defekte hê en dit kan lei tot die keuse van genadedood omdat dit nie emosioneel en finansieel moontlik is om aan so ‘n troeteldier se behoeftes te voldoen nie.

Ondersoeke, inentings en parasietbeheer
Net soos babas, moet nuut aangeskafte troeteldiere ook geneem word vir ondersoeke, inentings en parasietbeheer om te verseker dat hulle geen siektes onder lede het nie en om ook voorsorgmaatreëls te tref om te voorkom dat hulle sekere dodelike siektes opdoen. Dit is belangrik om te onthou dat skraagdosisse of opvolginentings benodig word vir sekere siektes, aangesien een inenting nie lewenslange beskerming bied nie. Om te voorkom dat jou nuwe toevoeging tot die familie wegraak en by ‘n welsynsorganisasie opeindig, kan ‘n veearts ook ‘n mikroskyfie onder die vel tussen die skouerblaaie insit. Sodoende word jou kontakbesonderhede gekoppel met die unieke mikroskyfienommer op ‘n nasionale rekenaardatabasis. Dis darem ‘n baie goedkoper en minder gekompliseerde opsie wanneer dit vergelyk word met opsporingstelsels vir voertuie. Die veearts kan jou ook advies gee oor die beste voeding vir jou nuwe troeteldier wat jou sak sal pas. Verskeie veeartspraktyke het ook ‘n afdeling of ‘n winkel waar veilige, stimulerende speel- en kougoed aangeskaf kan word.

Moet asseblief nie bydra tot die groot aantal weggooi troeteldiere wat in die wêreld by welsynsorganisasies is nie. Die oorgrote meederheid van hierdie arme troeteldiere word uitgesit omdat hulle nie vinnig genoeg nuwe huise kry nie. Raadpleeg jou veearts vir advies oor al die voorbehoedopsies indien jy nie met jou troeteldier wil teel nie. Deur jou troeteldier op ‘n vroeë ouderdom te steriliseer, kan kanker ook voorkom word.

As jy met jou troeteldier wil teel, kan jou veearts jou help met fertiliteitsondersoeke en advies oor die beste tyd vir teling. Wat is meer bevredigind as die eerste skreeu van ‘n pasgebore klein hondjie of katjie? Ondersoeke gedurende dragtigheid sluit die bepaling van die werpselgrootte in en sodoende is dit moontlik om vroegtydig komplikasies te identifiseer gedurende die geboortegee proses.

Jaarlikse ondersoek
‘n Troeteldier behoort ook nie net na ‘n veearts geneem te word wanneer hulle siek is nie. Net soos wat ‘n mens veronderstel is om vir ‘n jaarlikse mediese ondersoek te gaan, net so word dit aanbeveel dat jou troeteldier vir ‘n jaarlikse ondersoek gaan. Gedurende hierdie ondersoeke kan die skraagdosisse of opvolginentings vir sekere siektes toegedien word en daar word ook ‘n rekord opgebou oor wat normaal is vir die spesifieke troeteldier. Op so ‘n manier kan mens vroegtydig probleme, veral hartprobleme optel en vroegtydig begin behandel.

In party flieks spot hulle met die man wat met ‘n klein babahondjie in die park gaan loop om sodoende die aandag van die vroulike geslag te trek Laat die koppe draai om na jou fraai troeteldier te kyk nadat dit die salon besoek het. Party veeartspraktyke bied self ook ‘n salondiens aan. Die voordeel hiervan is dat jou troeteldier iets ingegee kan word om te kalmeer indien nodig en sodoende maak dit die ervaring minder traumaties vir jou troeteldier. Jou veearts kan jou ook help met die skoonmaak van ore en tande, asook die knip van naels.

‘n Veearts is jou troeteldier se tweede beste vriend naas sy eienaar, want jou veearts kan verseker dat jou troeteldier ‘n goeie lewenskwaliteit het. Onthou, al is daar die wêreld se inligting tot die beskikking van die diere-eienaar, is daar niks wat die praktiese ondervinding van jou veearts kan vervang nie. Bou dus ‘n goeie verhouding op met jou veearts – dis die moeite werd!

Indien jy opsoek is na ‘n veearts, besoek gerus die webblad van die Suid-Afrikaanse Veterinêre Vereniging.

Jy kan die SAVV ook kontak by: 012 346 1150

Geskryf deur: dr. Sunelle Strydom, BVSc (drsunelle@vodamail.co.za)

21 Junie 2011

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 1059 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Demokrasie verjaar in Argentinie!!
  • Lewer Detox
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction