Vra vir Faffa

Knopvelsiekte uitbreek in ‘n voerkraal

Vraag

Ek bedryf ‘n klein voerkraal(50 kalwers) en nou het 10% van die kalwers wat Desember ingesit is knopvelsiekte ontwikkel. Een het gevrek weens longaantasting. Een het diep ulkusse ontwikkel eEn 4 het ligte aantasting. Hulle moet einde Maart geslag word. Wat moet ek met die aangetaste diere doen. Gaan hulle afgekeur word? Sal dit help om hulle veld toe te jaag en later weer te voer. Ek het ook backround kallers wat knoppiesvel opgedoen het. My plan is om hulle oor 4 weke in die kraal te sit Intussen is alle diere geënt en spuitmiddels opgespuit om vlieë te bekamp.

Antwoord

Daar moet ten minste  70 dae kans gegee word vir diere om te herstel voordat die diere met knopvel bemark word anders word  letsels onder die vel  gevind asook koors-karkasse wat afgekeur word.

Die diere wat erg aangetas is, kan met ‘n langwerkende  penisillien en anti-inflammatoriese middel behandel word (jou veearts kan dit voorsien).  Onthou net om ‘n gesteriliseerde naald vir elke inspuiting te gebruik want virus kan met ‘n naald oorgedra word.

As daar later van die knoppe los kom en wil uitval,  sal moontlike verdere behandeling nodig wees, andersins hou hulle apart van die gesonde diere en voorkom dat hulle uit dieselfde bakke vreet of  water drink as dié van gesonde diere. Die speeksel van siek diere bevat baie virus en kan gesonde diere aansteek.  Vliegbeheer is ook belangrik.

Geskryf deur: dr. Eben du Preez, Voerkraalkonsultant (edupreez1@telkomsa.net)

Vir verdere inligting gaan na die volgende webadres

http://www.landbou.com/vra-vir-faffa-indeks/

Klik op Beeste

Klik op Siektes

Klik op Knopvelsiekte

20 Maart 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.