Koste per koei per jaar?

Vraag:

Goeiedag Ek wil graag die koste per koei per jaar uitwerk en het gewomder of daar sekere metodes is om dit uit te werk? Wil graag van die inligting gebruik maak om my wins per koei per jaar uit te werk om sodoende die winsgewendheid van my boerdery te verhoog. Hoeveld Groete

Antwoord:

Hoëveld Beesboer,

Ek antwoord so goed ek kan omdat die vraag nie aandui of dit melkkoeie is of vleiskoeie nie...?

My benadering is om na die wins te kyk. Soms is die groter koste geregverdig omdat dit meer wins maak...! Hierdie is egter 'n keuse wat elke produsent moet maak - een alternatief is om meer diere teen laer koste bedryf en sodoende wins in getalle te kry. Dan is daar ook die benadering om minder diere te versorg en hulle beter te voer vir groter wins per koei - dus meer intensief...!

In die suiwelboerderye maak albei stelsels wins mits die bestuur reg is.
Sonder om spesifiek syfers te kwoteer - kyk net wat het met die produsente gebeur wat doelgerig hul boerderye goed bestuur en na hul diere omsien...
wie koop sy buurman se plaas...?

Die faktor wat nie genoeg aandag in "boer vir wins" kry nie, is omvang, deurset, verdeling van vastekoste... noem dit wat jy wil. Sou ons 'n enkel plaasgesin op 'n gemiddelde plaas se leefkoste vat op R15 000 per maand.
Voeg daarby sy voertuig finasiering, lewenspolisse, kinders se studiekoste en kom by 'n beskeie R25 000 per maand uit... waarskynlik meer...? Dit word dan R300 000 per jaar wins wat benodig word bo en behalwe die beryfskoste van die boerdery - dinge soos brandstof, elektrisiteit, arbeid, rente, produksiemiddele, voer, reparasies... As daardie boerdery dus 300 beeste (Speenkalwers en uitskot) per jaar verkoop, gaan R1 000 per bees benodig word vir die vastekoste van een eienaar gesin. Sou dit 'n koeikudde wees, moet die produksie van speenkalwers of melk dus minstens R1 000 per bees meer inbring as die produksiekoste...! Daaron maak ek die stelling dat vastekoste verhaling nie onderskat kan word nie.

Die punt wat ek prober maak is dat voerkoste slegs 'n deel van die totale koste van 'n koei is. Ek sal sover gaan om te sê dat meeste koeie hul voerkoste maklik sal teruggee in die vorm van melk of vleis... dit is die ander kostes wat dit laat voel of die koei nie wins maak nie - moet net nie by haar kos gaan afskeep nie, want dan kap jy die "Gans wat die goue eiers lê se kop af"... Ons vind dat vir elke bestuurder wat jy aanstel, moet jy weet dat minstens 200 addisionele koeie gemelk moet word om daardie koste te regverdig.

Aanteel in enige beeskudde is ook van kardinale belang vir winsgewendheid... as jy nie genoeg kalwers aankry nie, gaan die kudde verklein en sal jy later nie die produksie kry wat benodig word nie. In melkkuddes rek die gemidelde dae in melk van die kudde later oor die 200 DIM (Dae in Melk) en die % koeie wat "droog" is raak mettertyd meer as die produserende koeie in die melkstal...? Enige normale melkkudde bestaan reeds uit 50% diere wat nie produseer nie - dragtige droë koeie, dragtige verse, ongedekte verse, speenkalwers, melksuip kalwers en 'n paar bulle... dus dra die koeie in melk gemiddeld die ander 50% diere in die kudde. Die kuddeverhouding van die verskillende trope en ouderdomsgroep diere is dus uiters belangrik vir winsgewendheid van die hele kudde.

Hieruit kan die vraesteller aflei dat dit nie maklik of eenvoudig is om die vraag te beantwoord nie naamlik...

"Ek wil graag die koste per koei per jaar uitwerk en het gewomder of daar sekere metodes is om dit uit te werk? Wil graag van die inligting gebruik maak om my wins per koei per jaar uit te werk om sodoende die winsgewendheid van my boerdery te verhoog."

Uit my bree antwoord kan afgelei word dat verskeie faktore die winsgewendheid van die kudde bepaal. Sonder om die vraag te oorvereenvoudig sal ek dit as volg opsom... Boer groot genoeg met enige ras beeste wat goed versorg en bestuur word en wees bewus van die vastekoste implikasies op winsgewendheid. Aan voornemende boere - Min boerdery vertakkinge bring die stabiliteit en winsgewndheid van beesboerdery - want hulle vermeerder in getal en groei in waarde en produseer terwyl en en jy naweek hou of slaap...! Terwyl ons met ander dinge besig is, "werk die bulle en die windponp...!" -:)) Beesboerdery kan ook bedryf word sonder dat die beeseienaar grond besit - dit bied dus geleentheid vir mense wat tot boerdery wil toetree en nog nie hul eie grond besit nie... Huur dan weiregte per kop of huur 'n kamp of plaas terwyl jy getalle bou.

Groetnis uit die melkstal,

Gerdie Landman
Mooimelk Koeihotel
E mail - gerdie@koeihotel.co.za
www.koeihotel.co.za
Mobile 082 652 7727

27 April 2012

27 April 2012

1988 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights