Agriwiki

Trekkerwerf

Hunter & Jagter

Farming SA

Lamsiekte by wild

Vraag

Hoe gereeld kry gemsbokke lamsiekte? En hoe kan ek dit voorkom en behandel? Area is in Hantam naby Nieuwoudtville. Baie dankie. D.Lotter

Antwoord

Deur: Dr. DOUW GROBLER

Daar is al heelwat geskryf oor lamsiekte by beeste en skape, maar dit is wel ‘n siekte wat al sy kop uitgesteek het in verskeie wildsoorte, maar meeste gevalle waarvan ek bewus is was sporadies van aard met ‘n duidelike oorsaak.  Een van die meer drastiese gevalle was waar ‘n boer naby Nylstroom 15 buffels verloor het as gevolg van lamsiekte wat deur ‘n bobbejaankarkas in die watertenk veroorsaak was.  Daar was ook ‘n paar gevalle onder bastergemsbokke in die Kalahari, ‘n swartwitpens naby Marken en dan ook verskeie gevalle onder kameelperde.  In ‘n plek waar lamsiekte vermoed word of bevestigde probleme voorkom, is die maklikste oplossing om vatbare diere te ent met lamsiekte entstof. In wild is dit natuurlik ‘n proses wat met uitvalpyle en ‘n pylgeweer gedoen moet word.  Voorkomende maatreёls kan ook geneem word deur alle karkasse uit die veld te verwyder en seker te maak dat waterbronne altyd skoongehou word.  Die uitsit van fosfaatlekke kan ook gedoen word, maar wild is oor die algemeen baie traag om lekke te vreet.  Behandeling van siek diere is uiters moeilik en frustrerend en die gebruik van ‘n antiserum wat deur Onderstepoort gemaak word, is belangrik in die beginstadium van die siekte.

Geskryf deur: dr. Douw Grobler, Wildveearts (douwg@catchco.co.za)
Lees ook:
         Lamsiekte
        Hoendermis as veevoer
7 Februarie 2010
 

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen