Megasphaera elsdenii : melksuurbenuttende organisme

Vraag:

Melksuur word algemeen beskou as die mees prominente suur verantwoordelik vir skerp daling in rumen pH en gevolglike suurpens. Is daar iets wat ek hieraan kan doen om sodoende my diere vinniger te laat aanpas op ’n hoёr styseldieet?

Antwoord:

Die gebruik van nuwe tegnologie kan groot voordele vir die melkboer/ melkprodusent inhou.  

Die benutting van nuwe tegnologie wat gepaardgaan met goeie wetenskaplike beginsels en proefresultate raak al hoe meer belangrik by intensiewe bedrywe soos ’n melkery. Nuwe tegnologie moet egter ook die toets van tyd deurstaan en bewys dat waarde  onder praktiese plaaslike toestande toegevoeg kan word.  In 1993, het MS Biotech en die LNR (Irene), ‘n gesamentlike projek begin om ’n rumen-spesifieke organisme te isoleer en te ontwikkel, wat die aanpassing van herkouerdiere van hoë-ruvoer na hoë-konsentraat/stysel diëte, suksesvol te help oorbrug. Die eindresultaat van hierdie projek na jarelange navorsing en ontwikkeling is Megastarter™ Megamilk.
 
Megastarter™ Megamilkwat in November 2005 in die plaaslike mark bekendgestel is, gaan nie net steeds voort om koeie vars in melk te help om vinniger en beter op die laktasiedieet aan te pas nie, maar nuwe navorsing toon ook nou dat dié rumen – spesifieke mikroörganisme ’n rol kan speel by die grootmaak van kalwers. Na aanleiding van die goeie resultate wat met hierdie produk in SA verkry is, word díe SA ontwikkelde produk ook nou in die VSA gebruik. Positiewe terugvoer vanuit die VSA bevestig  die waarde wat Megastarter™ Megamilkby vars koeie en kalwers toevoeg.
 
Vir volledige artikel klik op onderstaande pdf
 
Inligting voorsien deur: Pieter Oosthuizen, Voedingskundige, pieter.oosthuizen@afrivet.co.za.
 
24 April 2012

24 April 2012

857 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights