Pille in heuning vir opgeblaasde bulhond

Vraag:

My bulhond weier om sy pille te drink tensy ek dit met heuning ingee. Is heunig gevaarlik vir honde? Hy word 1 keer in 3 weke siek dan braak hy goudgeel water. En as dit oor is, is hy weer beter. Kan dit die heuning wees?

Antwoord:

Heuning kan veilig in honde gebruik word, want dit word aanbeveel vir ‘n verskeidenheid van kondisies. Heuning word aanbeveel as deel van ‘n spesiale tuisdieet vir honde wat in baie swak liggaamskondisie is weens kanker.  Heuning is ook een van die tuismiddels wat mens kan gebruik in noodsituasies vir honde met lae bloedsuiker. 

Wat die braking aanbetref, beveel ek aan dat u, u bulhond terugneem vir ‘n opvolgondersoek, aangesien ek u nie kan adviseer oor die oorsaak daarvan sonder om u bulhond te ondersoek nie.
 
Verwysings
1.     Gillette R L. 2007. Diagnosing and managing medical issues affecting working dogs. NAVC Proceedings 2007 North American Veterinary Conference [webblad]. Beskikbaar by www.ivis.org soos op 5 April 2012
2.     Wakshlag J J. & Kallfelz F A. 2008. Nutritional status of dogs with cancer: dietetic evaluation and recommendations. Encyclopedia of canine clinical nutrition [webblad]. Beskikbaar by www.ivis.org soos op 5 April 2012
 
Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc)
 
9 April 2012

9 April 2012

394 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights