|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Watter kos kan ek vir tarentaalkuikentjies voer?
My ondervinding is dat hulle baie soos hoenderkuikens is. Ek gebruik 'n mengsel van drie-kwart kuikenaanvangsmeel en ‘n kwart Pro-Nutro. Vir elke kilogran meelmengsel geen ek 'n half koppie fyngekapte lusern. Hou die kuikens warm by 'n infrarooi lig of ander hittebrom teen so 30 grade Celsius en hou hulle dop. As hulle vreet, wat hulle gewoonlik doen, is daar duidelik geen probleme nie. Indien nie, gooi 'n handvol termiete in die meel-en-lusernmengsel. Die beweging stimuleer die kuikens om te vreet en termiete is natuurlik 'n baie goeie proteїen-byvoeding. As jy nie termiete het nie, gooi 'n bietjie van die meel op die kuikens se rûe! Weereens help die beweging en soos die meelkorrels afval, trek dit die ander kuikens se aandag en begin hulle daaraan pik.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)