|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ons boer met lorikiete. Na my een lorikiet dood is, het ons hom oopgesny en ontdek dat hy wurms in sy ingewande het. Hy was in ’n groot oop hok buite op die grasperk en speel met en eet altyd van die gras. Watter wurms kry hulle en waarmee en hoe kan ek hulle behandel?
Voëls kan met rondewurms en lintwurms geїnfekteer word. Die lorikiete kan op die gras met die mis van wilde voëls, wat besmet is met rondewurmeiers, in kontak kom. Sodoende kan hulle met rondewurms besmet word. Lorikiete kan ook lintwurms kry van insekte (wat lintwurmsiste bevat) wat hulle op die gras vang deurdat die insekte die tussengasheer vir die lintwurms is. Dit is belangrik om voëls ten minste 3 maal per jaar te ontwurm. Die voëls kan na die veearts geneem word om ontwurm te word of Mediworm kan in die kos gegee word.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24