|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ons het 'n nuwe intrekker in die huis gekry: 'n Ringnek-papegaai. Hoe versorg ons hom?
Vraag:
Ons het 'n nuwe intrekker in die huis gekry: 'n Ringnek-papegaai. Hy is nog maar 'n babatjie, seker so 3 maande oud. Nou wil ek weet: Wat eet hulle, wat is goed vir hulle, wat is sleg/gevaarlik en waarvan hou hulle? Ek het gehoor dat hulle glad nie avokado's mag eet nie. Kan jy my help met enige inligting of dalk 'n webblad voorstel vir meer inligting? Ook wil ek sommer in die algemeen enige wenke/inligting hê oor hierdie papegaaie. Juliana (technical@afoodable.co.za)
Antwoord:
Tien wenke hoe om vir voëls in 'n kou te sorg:
1. Bekom gesonde voëls
Maak seker dat jy die voël by 'n betroubare teler of handelaar koop. Dis beter om voëls te koop wat mak groot gemaak is, aangesien hulle baie goed op mense reageer en daarom beter troeteldiere maak. Let noukeurig op die higiëne van die plek waar jy die voëls koop en kyk of jy enige voëls daar sien wat siek lyk.
2. Ondersoek vir gesondheid
Sodra jy 'n voël aangeskaf het, behoort jullu eers 'n draai te maak by 'n veearts vir 'n deeglike kliniese ondersoek. Jou plaaslike veearts kan dit dalk self doen of jou verwys na 'n veearts wat spesialiseer in voëls. Hierdie ondersoek sal jou 'n goeie indikasie gee van die gesondheidstatus van die voël.
3. Bloedtoets
Voëls mag besmet wees met siektes wat nie kliniese tekens wys nie, amper soos VIGS by mense. Dit word sterk aanbeveel dat oa getoets word vir PBFD - en Psittakose. Laasgenoemde kan dit oorgedra word na mense. Die veearts behoort ook 'n smeer van die voël se keel en mis te neem.
4. Gee korrekte voeding
Wilde voëls eet 'n groot verskeidenheid kosse en dis baie nadelig vir voëls in 'n kou om slegs sonneblomsaad en grondbone te eet. Daardeur ontwikkel hulle vitamien, proteïen en mineraaltekorte, asook sekere siektes agv wanvoeding. Voer voëls 'n goeie, gebalanseerde, aangekoopte voeding en sorg vir 'n verskeidenheid van kossoorte. Raadpleeg kenners oor die korrekte eetplan.
5. Voedselaanvullers
Selfs al eet die voël 'n gebalanseerde dieet, word nogtans aanbeveel dat daar minstens drie keer per week 'n goeie voedselaanvuller in sy drinkwater gegooi word. So 'n aanvuller behoort vitamiene, minerale, spoorelemente en aminosure, wat spesiaal vir voëls in 'n kou voorberei is, te bevat.
6. Vermy vreemde voëls
Moet nooit 'n nuwe voël huis toe bring as jy nie vooraf vasgestel het of die voël dalk die draer van siektes is nie.
7. Jaarlikse ondersoeke, inspuitings en ontwurming
Slegs professionele mense behoort voëls se vlerke en naels te knip. Foutiewe knip van vlerke kan tot gevolg hê dat die voël ernstig beseer word as hy daarna probeer vlieg. Foutiewe knip van naels kan voëls laat doodbloei. Besoek jou veearts twee keer per jaar sodat hy naels en vlerke kan knip. Terselfdertyd kan hy/sy die voël goed ondersoek, ontwurm en 'n vitamien A inspuiting gee.
8. Hou hokke skoon
Hokke moet higiënies wees. Maak hokke gereeld skoon en ontsmet met 'n middel wat veilig is vir voëls. Sodoende verminder die gevaar van siektes.
9. Wees op die uitkyk vir siektetekens
Voëls leer in die natuur instinktief om alle siektetekens weg te steek sodat roofdiere hulle nie sal vang nie. Daarom is dit moeilik om vroeë siektetekens by hulle raak te sien. Wanneer die voël opgepof op die vloer van die hok sit, is hy reeds so ernstig siek dat dit gewoonlik te laat is om enige behandeling toe te pas. Let daarop noukeurig op na enige verandering in eetgewoontes, stoelgang se kleur en samestelling of lusteloosheid. As onraad vermoed word, neem hom dadelik na die veearts vir konsultasie.
10. Vermy die volgende:
Moet nooit 'n voël voer met avokado, pietersielie, sjokolade, koffie of nikotien nie.
22 Maart 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24