|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
My African Grey verveer nou, het hom nou twee jaar. Is dit normaal?
Vraag:
My African Grey verveer nou, het hom nou twee jaar. Is dit normaal? - Alida (fifiekie@hotmail.com)
Antwoord:
Die normale verveertyd is van Januarie tot Maart. Die verveerproses word bepaal deur temperatuur en dagliglengte. 'n Papegaai in die huis se verveerproses sal bepaal word deur die temperatuur en die soort ligte in die huis. 'n Papegaai kan dus dwarsdeur die jaar verveer indien hy in 'n lekker warm huis met buisligte is en laat in die aand gaan slaap. 'n Papegaai wat siek was of wat 'n verandering in voeding gehad het kan ook begin verveer. Daar is ook 'n paar siektetoestande wat 'n papegaai abnormaal laat verveer. Hou die papegaai mooi dop dat die vere normaal teruggroei. Indien die vere nie normaal is wat uitgroei nie, besoek u veearts om die pappagaai te ondersoek.
27 Junie 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24