Vra vir Faffa

Protokol vir selektering vir wurmweerstandige en wurmaangepaste skape in die Somerreënvalstreek

Vraag

Ek het gelees dat daar geselekteer kan word vir skape wat weerstandig teen haarwurm is. Hoe gaan ek te werk om hierdie doelwit met my skape te bereik?

Antwoord

Protokolle word hieronder beskryf vir verskillende skaapboerderypraktyke

Sleutel:

FAM = FAMACHA

LKT = Liggaamskondisietelling

MET = Miseiertelling

DSD = Doelgerigte Selektiewe Dosering

Teikengroep: Stoettelers en Groepteelskemas – selektering vir weerstandbiedende skape

  • Normale wurmbestuur word met lammers gevolg tot met speenouderdom.
  • Opsioneel kan die volgende gedoen word: Doen individuele MET van ramlammers voor die eerste dosering. Deur  vir rammetjies met die laagste eiertellings te geselekteer word daar vir inherente  weerstandigheid geselekteer.

Seleksiegroep:  Ram en ooilammers na speen

  • FAM en LKT elke 1 tot 2 weke in die somer.
  • Individuele MET gedoen 3 keer – begin van die somer en twee keer tydens die piekwurmseisoen.
  • Behandel individuele diere slegs as die FAM evaluasie meer as 2,5 is –DSD.
  • Evalueer ramme (vaars) op hul lammers se prestasiemetings (FAM + LKT + MET).
  • Merk en prul alle lammers wat gedoseer moes word (of meer as een keer behandel afhangend van getal).
  • Selekteer lammers op gemiddelde FAM:LKT:MET indeks. Deur lammers wat hoë gemiddelde MET’s het uit te skot, sal verdraagsame lammers geëlimineer word na die eerste somerreë
  • Beraam teelwaardes vir MET.

Seleksiegroep: Volwasse ooie

Behandel volgens DSD en prul op hoë FAM.

BELANGRIK:

  • Koop slegs weerstandige ramme vir die kudde in – prul ramme met hoë
  • Behandel een keer per jaar alle skape vir knoppieswurm indien voorkom.

Teikengroep: Kommersiële kuddes – selektering vir weerstandige en/of aangepaste skape

  • Normale wurmbestuur van lammers voor speenouderdom. Doen slegs roetine gepoelde MET van 10 gemerkte diere om wurmbesmetting op weiding vas te stel.

Seleksiegroep: Slegs ooilammers na speenouderdom

  • FAM en LKT elke 1 tot 2 weke na speen in somer.
  • Geen individuele MET word gedoen nie.
  • Gepoelde mismonsters van dieselfde 10 gemerkte diere word maandeliks gedoen om wurmladings te monitor.
  • Behandel slegs as FAM evaluasie meer as 2,5 is – DSD.

Seleksiegroep: Ramme

  • FAM en MET ramme tydens piekseisoen en prul op te hoë MET.

        Lammerevaluasie

  • Merk en prul alle lammers wat gedoseer moes word (of meer as een keer afhangend van getal),
  • Selekteer lammers op FAM plus LKT.

Volwasse ooie

  • Behandel volgens DSD, merk en prul op hoë

Belangrik:

  • Koop slegs weerstandige ramme in en prul ramme met hoë eiertellings
  • Behandel alle skape een keer per jaar indien knoppieswurm voorkom.

Vir besonderhede oor die FAMACHA stelsel, Vyfpuntplan en miseiertellings besoek:

www.landbou.com

Klik op: Indeks van antwoorde

Klik op: Skape en bokke

Klik op: Interne parasiete

Geskryf deur: drs. Alan Fisher Alan.Fisher@drdar.gov.za) en Faffa Malan (dokfaffa@nashuaisp.co.za)

Lees ook:

http://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/selekteer-skape-vir-weerstand-teen-haarwurm/

19 Junie 2017


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.