Menu

Sakkie onder skape se keel

Vraag:

My skape kry sakkies onder hul keel. Kenners sê dit is haarwurm. Dit gaan só erg dat ek feitlik elke tweede Saterdag moet doseer. Ek wissel die dosering af. Is daar nie natuurlike middels of goedkoper natuurlike metodes om dit te bestry nie? - Hendry Joubert (hjoubert@ampnet.co.za)

Antwoord:

Vraag:
My skape kry sakkies onder hul keel. Kenners sê dit is haarwurm. Dit gaan só erg dat ek feitlik elke tweede Saterdag moet doseer. Ek wissel die dosering af. Is daar nie natuurlike middels of goedkoper natuurlike metodes om dit te bestry nie? - Hendry Joubert (hjoubert@ampnet.co.za)

Antwoord:
Haarwurms is bloedsuiers en veroorsaak bloedarmoede (anemie). Kliniese tekens is dus bleek slymvliese. Normale slymvliese is rooi, maar haarwurmbesmetting veroorsaak dat slymvliese pienk word en later spierwit, waarna vrektes voorkom. Nog 'n teken wat opgemerk word, is 'n kwakkeel. Ek het eendag 'n skaap uitgebloei en moes 2 liter bloed uittap om 'n bleek slymvlies te verkry.

'n Enkele haarwurmwyfie kan tot 10 000 eiertjies per dag lê en dit is glad nie ongewoon om 'n 1 000 en meer haarwurmwyfies in die melkpens te kry kan nie. Dit gee 'n getal van 10 miljoen eiers per dier wat elke dag op die weiding uitgeskei kan word.

Vir die eiertjies om uit te broei is 'n temperatuur van 15 grade C plus, asook vog nodig. Onder ideale omstandighede neem dit ongeveer 5-7 dae vir die eiertjies om uit te broei en vir die larfies om te ontwikkel tot die besmetlike derde staduim. Hierdie larfie het vog nodig om te oorleef en temperature bokant 40 grade C sal hulle laat vrek. Besproeide en veral kikoejoeweidings is ideale kweekplekke vir haarwurms. As die toestande gunstig is, veral in nat somermaande, kom baie vrektes voor veral in skape, bokke en kalwers.

Wurmmiddelgroepe wat tans beskikbaar is om haarwurms te beheer is die volgende:

  • Groep 1: Makrosikliese laktone, bv. Ivotan (G2858).
  • Groep 2: Bensimidasole, bv. Panacur BS (G1481) Gardal 1,9% (G3200).
  • Groep 3: Imidatiasole, bv. Nemasol NF (G3312).
  • Groep 4: Salisielaniliede, bv. Tridose Oral (G3103).
  • Groep 5: Fenole, bv. Trodax (G1142).
  • Groep 7: Organofosfate, bv. Unidose (G3078).

    Daar is ook kombinasies van bg. groepe beskikbaar om haarwurm te beheer. Die rede waarom daar so veel groepe is, is dat elk 'n ander werking het om die haarwurmparasiete te dood.

    Ongelukkig het oor- en wangebruik van middels tot ons beskikking, die toestand laat ontstaan dat weerstand van haarwurms teen meeste van die groepe al aangeteken is.

    Om vas te stel watter middel vandag op 'n spesifieke plaas nog haarwurm beheer, moet 'n mis eiertelling reduksietoets (Metred) gedoen word. Eiertellings, verkieslik van 10 lammers, word voor behandeling en dan weer 10 dae na behandeling gedoen. Individuele of 'n gepoelde mismonster se eiertellings kan gedoen word. Kontak u veearts vir besonderhede.

    Die eiertellings word in eiers per gram mis (epg) uitgedruk. 'n Formule word gebruik en as daar 'n vermindering van minder as 95% in die telling plaasgevind het is dit die eerste teken van weerstand wat aan die ontwikkel is. Die ideaal sou wees om 'n Metred-toets te doen met 'n middel in elk van die groepe om vas te stel watter van die groepe nog die beste werking op u plaas het. Dit is dus baie belangrik om voordat 'n mens middels afwissel, te weet of die middel wat gebruik gaan word, haarwurms beheer. Dit is ook belangrik om te weet dat elke plaas uniek is en dat geen veralgemening gemaak kan word nie. Weerstandbiedende stamme kan ingekoop word met skape en versigtigheid moet aan die dag gelê word waar skape van verskeie plase by veldramklubs en teelgroepe saam loop en daarna teruggebring word na die plaas.

    Ná dosering bly net die weerstandbiedende parasiete in die diere agter en lê nog steeds eiers. As hierdie diere nou na 'n geruste, "skoon" kamp verskuif word, word weerstandige eiers en larfies op hierdie weidings geplaas. 'n Oplossing sou wees om 'n groep ongedoseerde skape - so 10 % van die trop - wat rooi slymvliese het en gemerk word, (hulle is aangepas om saam met die wurms te leef) nie te doseer nie sodat hulle die weerstandbiendende parasieteiers se getalle kan verdun. Indien nodig kan hierdie groep dan in 'n latere staduim gedoseer word.

    'n Sisteem wat nou al wêreldwyd gebruik word, is die Famacha©-kaart. Die sisteem bestaan uit 'n kaart met 5 kleurskakerings (van rooi deur pienk tot wit) van die oogslymvlies daarop sodat skape met haarwurm geïdentifiseer en uitgeskot kan word. Die kaart kan ook gebruik word om te bepaal of die wurmmiddel doeltreffend was. Indien die wit of pienk oogslymvlies binne enkele dae rooier word, dui dit op herstel.

    Vir 'n foto en metode gaan na http//images.google.com. Ons kan met trots sê dat die sisteem in Suid-Afrika ontwikkel is en wêreldwyd gebruik word. Prof. Gareth Bath het die naam Famacha gegee wat staan vir Faffa Malan Chart. Die selektering van aangepaste diere teen haarwurmbesmetting is oorerflik en kursusse om die kaart te gebruik, word aangebied. Kontak u veearts of vir Faffa.

    25 Julie 2005

27 Julie 2005

4995 keer gelees | 0 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Namibiese Elite-koei: Bonsmara

    Funksioneel doeltreffende diere wat oral in alle toestande kan produseer, is die doelwit van mnr. Edward Hansen van Okahandja.

  • Sussex se Elite-koeie

    Met sý Sussex-beeste moet kommersiële boere op die veld wins kan maak, sê mnr. Chris Nel van Petrus Steyn.

  • Beefmasters se Elite-koei

    Mnr. Piet Human van Steynsrus se Beefmasters is die resultaat van die familie wat al 150 met beeste in die Vrystaat boer.

  • Drakensbergers se Elite-koei

    Jou oë kan vir jou jok, maar nie syfers nie, sê mnr. Edwin Schroeder van Dundee, eienaar van die Elite-koei in die Drakensberger-ras.