|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek begin met boerbokke boer en wil weet hoe noodsaaklik dit is om pasgebore boklammers vir 'n tyd saam die ooi af te hok. Bokke word saans gekraal en almal lam in dieselfde tyd.
Indien wel:
1. Speel die grootte van die kudde 'n rol?
2. Hoe groot spasie het 'n lam/ooi saans nodig? Hoeveel kan bymekaar gesit word of moet hul verkieslik enkel gehou word?
3. Indien hul bedags in kikoejoe kampe loop, hoeveel ooie/lammers in 'n kamp, in hoe groot kamp?
4. Vir hoe lank moet dit gedoen word?
My aanbeveling is om altyd lamhokke te gebruik, ongeag die grootte van die kudde. Die lamhokstelsel is die enigste werklike lamstelsel wat lamvrektes tot 'n minimum kan beperk. Daar is skaapprodusente wat lamhokke gebruik en hul lamvrektes is minder as 2 %. Poog om 'n ooi en haar lam(mers) vir minstens 5 dae in 'n aparte lamhok te hou. Skaapprodusente wat ooie met hulle lammers afsonderlik vir 10 dae na lam in lamhokke hou, het bitter min lamvrektes. Die kampgrootte is afhanklik van die oppervlakte beskikbaar; die infrastruktuur; of die weiding besproei word en of dit droëlandweidings is; klimaat; tyd van die jaar; kuddegrootte; ensovoorts. Kleiner troppe tydens lamtyd en vir die eerste paar weke na lam, is altyd beter en gee beter resultate as groot troppe.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24