|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek het onlangs 'n skaapvoerkraal begin, maar waar kan ek 'n deeglike sagteware-program kry om die finansiele kant van die voerkraal op 'n ordelike wyse te bestuur?
Daar is ongelukkig nie kommersiële sagteware vir jou tipe voerkraal beskikbaar nie. Dit is egter wel baie maklik om sulke sagteware op 'n spreivel soos Excel te ontwikkel. Die belangrikste is dat dit met goeie fisiese rekords gepaard moet gaan soos kilogram voer, wat elke dag gebruik word, die gewigte van skape op die dag wat hulle in die voerkraal opgeneem is, en ook die gewigte van toe hulle uitgegaan het.
Jy sal ook die vleispryse en pryse van jou voerrantsoen moet hê want wat jy uiteindelik met so program moet bepaal is wat dit jou gekos het om 'n kilogram vleis te produseer en of jy 'n wins per kilogram (met vrektes inaggeneem) gemaak het.
Dr. Philip Theunissen
COMPUTUS
Finansiële & Forensiese rekenmeester
Sel: 082 378 2335
15 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24