Ons moet in gedagte hou dat die bokvleismark ‘n totale informele mark is.
As ons kyk na die statutêre heffing en amptelike slagtings, is daar omtrent geen formele slagtings van boerbokke nie.
Daar word voorsiening gemaak vir ‘n klassifikasiestelsel vir bokke wat soortgelyk is aan die van Suid- Afrikaanse skaap- en lamsvleis.
Bokkarkasse word met ‘n unieke rolmerk gemerk binne die Suid-Afrikaanse klasifikasiesisteem.
Ek is van mening dat indien bokvleis binne die formele sektor geslag en geklasifiseer word, dit ‘n ewe goeie kans behoort te hê om uitgevoer te word na spesifieke nismarkte.
Ons moet egter in gedagte hou dat Suid-Afrika sy bek-en-klouseer vrye status verloor het en dat die uitvoer van bokvleis net soos die ander spesies op hierdie stadium problematies is.
Indien sekere nismarkte egter geїdentifiseer word en die invoerland ‘n protokol sou aanvaar vir die invoer van Suid-Afrikaanse Bokvleis behoort dit heeltemal moontlik te wees om Suid-Afrikaanse bokvleis op hierdie voorwaardes uit te voer.
Vir verdere inligting kontak die skrywer.
Geskryf deur: Gerhard Schutte, Bestuurder van die RPO (rpo@lantic.net)
1 Februarie 2012
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)