|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 22:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Nuttige boek vir veeboere met breedvoerige inligting oor dieregesondheid en entstowwe is beskikbaar.
'n Nuttige boek vir veeboere met breedvoerige inligting oor dieregesondheid en entstowwe is vir belangstellendes beskikbaar.
Dié boek gee in afsonderlike hoofstukke aandag aan bees-, skaap-, bok-, perde-, vark- en pluimveesiektes, asook aan algemene siektes wat alle plaasdiere raak. Die belangrikheid van inentings word bespreek, asook redes waarom inentings soms onsuksesvol blyk te wees.
Dié boek Protecting your farm animals through immunisation is geskryf deur drr. Jan du Preez en Jannie de Beer en me. Susan Brett, wat ook verantwoordelik is vir die illustrasies in die boek. Dit word uitgegee deur die Bayer/MPO-Instituut vir Suiweltegnologie.
Die Engelse weergawe kos R100 per eksemplaar. BTW is ingesluit, maar nie posgeld nie. Bestel van Anne-Rose 012 843 5740. Die boek sal later in Afrikaans beskikbaar wees.
25 Januarie 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24