Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Skape-en-bokke / Parasiete / Interne-parasiete / Lintwurms / Blaaswurms-pla-boerbokke

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 22:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Blaaswurms pla by Boerbokke

Ingestuur deur Janbez op 10 Oktober, 2006 - 12:23

Vraag

Blaaswurms affekteer die Boerbokke van 'n boer van Jansenville en hy vra raad.

Antwoord

Deur: Dr. FAFFA MALAN

Vraag:
Kan u my asb. raad gee oor blaaswurm (lintwurm)-besmetting. Die blaaswurms affekteer my Boerbokke hier in die Jansenville-distrik. Hoe kan ek die toestand beheer of van hulle ontslae raak? - Francis (Williamson-williamsom@telkomsa.net)

Antwoord:
Ek gee 'n breë antwoord op u vraag om sodoende die belangrikste blaaswurm besmettings by mens en dier in te sluit.

Daar is verskeie lintwurmsoorte (spesies) wat elk in 'n bepaalde gasheer voorkom. Die lintwurms kom gewoonlik in die dunderm voor waar hulle d.m.v. hul koppe (skolekse) wat suiers of selfs hakies bevat, hulself vasheg. Die meeste lintwurms groei van hul nekke af waar die segmente (proglottiede) gevorm word. 'n Lintwurm kan tot 15 meter lank groei.

Lintwurms is tweeslagtig (hermafrodiete) en eiertjies wat onkosfere (larfstadium) bevat word in die segmente gevorm. Ryp segmente breek af en word met die mis uitgeskei. Elke segment bevat ongeveer 40 000 eiers. Lintwurms het geen bek-dele nie en kos word deur die vel opgeneem. Lintwurms kompeteer dus met hul gashere vir voedsel.

Daar is 'n groep (genus) wurms met die naam Taenia.

  • Taenia solium
    Finale gasheer: die mens.
    Tussengasheer: varke.
    Segmente wat eiertjies bevat, word deur ontlasting uitgeskei. Varke neem die eiers met die bek in. Onkosfere word in die derm vrygestel, hulle boor deur die dermwand en word in die bloedstroom opgeneem. Die onkosfere word na die brein en spiere geneem waar blaaswurms (masels of sistiserkusse) vorm. 'n Masel is 'n blasie met 'n lintwurmkop daarin en staan bekend as Cysticercus cellulosae. Masels kom algemeen voor in varke wat vry rondloop. In 'n opname is gevind dat 1,5% van alle varke wat in die RSA geslag is, met masels besmet was. Vleisinspeksie word by alle slagplase gedoen om te verseker dat varkvleis veilig is vir menslike gebruik.

    Mense raak besmet wanner hulle rouerige varkvleis wat masels bevat, eet. Die masel word ingeneem en die kop daarin vrygestel wat dan aan die mens se dunderm vasheg. Die groot gevaar wat hierdie lintwurm vir 'n mens inhou, is dat selfbesmetting kan plaasvind. Deur onhigiënies op te tree, bv. nie hande te was ná ontlasting nie of besmette kos te eet, kan eiertjies ingeneem word. Sekere stamme gebruik lintwurmsegmente as medisyne en dit kan dodelik wees. Hierdie eiertjies kan dan as masels in die mens se brein, oog, spiere en vel ontwikkel. Senusimptome soos epileptiese aanvalle kan voorkom. Ander tekens in die mens is duiseligheid, kopseer en swakheid. Party mense het 'n verlies in eetlus en verloor gewig. Ander tel weer gewig op. Die toestand staan bekend as neurosistiserkose en kan deur radiografie vasgestel word. In erge gevalle kan besmetting tot die dood lei.

     

  • Taenia sagginata
    Finale gasheer: Die mens
    Tussengasheer: Beeste
    Lewensiklus- dieselfde as T. solium, behalwe die volgende:
    Ryp segmente bevat ongeveer 150 000 eiertjies. Die segmente kan die mens se anus spontaan verlaat. Met elke beweging word eiertjies vrygestel. Beeste se voer kan besmet raak deur werkers met lintwurmbesmetting of deur ontlasting in die veld. Onlangs is erge besmetting van beeste gesien waar waterbronne met menslike rioolafval besmet is. Eiers kan vir 70 dae in vloeibare mis bly leef en vir tot 'n jaar op vogtige weiding.

    Beheermaatreëls

  • Goeie vleisinspeksie- besmette vleiskarkasse word afgekeur of bevries. Lig besmette karkasse word vir 15 dae by -10° gehou.
  • Moenie rou vleis eet nie.
  • Rou groente kan nie deur besmette water of menslike kompos bemes word nie.
  • Werkers en hul families op plase (veral voerkrale) moet inligting ontvang en kan gereeld elke 3 maande behandel word. Middels wat die aktief niklosamied of prasikwantel bevat, word gebruik. Raadpleeg u geneesheer.
  • Werkers en hul gesinne behoort toilette met goeie ventilasie te hê.
  • Werkers, veral die in voerkrale moet oorpakke dra met broekspype in hul waterskoene gedruk.
  • Vlieë kan ook eiertjies op hul monddele dra. Pas goeie vliegbeheer toe.
  • Deurlope op die plaas moet beheer word, veral waar voertuie langs die pad stop en mense in die veld ontlas.

     

  • Taenia hydatigena
    Finale gashere: Honde en wilde karnivore
    Tussengashere: Skape, bokke, beeste, varke en wildsbokke.

    Karnivore het lintwurms van tot 5 meter in hul dunderms. Ryp segmente word uitgeskei en eiers word vrygestel op die weiding. As eiers deur herkouers of varke ingeneem word, word onkosfere (larfstadia) vrygestel wat die dermkanaal deurboor en in die bloedstroom beland. Die onkosfeer beland in die lewer en vir 14 dae boor die organisme deur die lewer sodat bloederige swart bane in die lewer gesien word. Diere kan binne 19 dae vrek. Ná 14 dae verlaat die larfstadium die lewer en ontwikkel tussen die derms in 'n groot blaaswurm (Cysticercus tenuicollis) - selfs so groot soos 'n hoendereier. Elke blaas bevat een lintwurmkop. Die blaaswurms tussen die derms is onskadelik en geen behandeling hoef toegepas te word nie.

     

  • Taenia multiceps-die draaisiekte lintwurm
    Finale gashere: Honde, jakkalse en wildehonde (wilde karnivore)
    Tussengashere: Skape, bokke, beeste en die mens. (In enkele gevalle ook in perde gevind.)
    Die lintwurm kan 300-600mm lank word en die laaste segmente is min of meer reghoekig (12mm lank en 3mm breed). Soos hierbo genoem, word eiertjies op die weiding gevreet en die larfies (onkosfere) deurboor die dermwand en word in die bloedstroom opgeneem en deur die hele liggaam versprei. In skape en beeste ontwikkel blaaswurms net in die brein en rugmurg. Ons noem so 'n blaaswurm Coenurus cerebralis. 'n Blaaswurm kan so groot soos 'n hoendereier word, het 'n dun wand en bevat 'n helder vloeistof. Aan die binnekant van die wand kan 'n groot aantal lintwurmkoppe gesien word. In bokke ontwikkel die blaaswurms in die brein, spiere en onder die vel.

    Kliniese tekens:
    As die blaaswurm in die brein ontwikkel, plaas dit druk op die harsings en dan ontwikkel daar senuweesimptome. Die term Draaisiekte of Malkopsiekte word gebruik omdat diere al in die rondte draai. Die skaap/bok kan blind word, sy kop agteroor hou en sy pote hoog optel en vermaer. Die kop word ook laat sak en dit lyk of hy dronk is. Die kondisie kan vir weke aanhou en eindelik vrek die dier van die honger. In erge besmetting mag diere 15 dae na besmetting vrek. Die blaaswurm is dan so groot soos 'n vuurhoutjiekop. In kroniese gevalle is die diere van balans af, kan met rukke beter word, maar dan weer slegter. Die ontwikkeling van die blaaswurm mag baie stadig geskied en tekens mag eers na 2-7 maande gesien word. Die sist is lewend en die drukking in die kop wissel soos die blaas uitsit en krimp. Tydens erge drukking word die dier blind en kan dan weer sien as die drukking afneem.

    Voorkoms:
    In 'n ondersoek is gevind dat baie honde in veral die Kaapprovinsie, Karoo en Suidwes-Vrystaat met T. multiceps besmet is. Die wurms is ook in Delmas en Potchefstroom distrikte gevind. Die siekte kom veral voor waar noue kontak tussen honde en kleinvee voorkom, bv waar stoetramme en ooie in klein kampies naby die huis aangehou word.

    Slag skape wat kliniese tekens begin toon, aangesien die vleis niks makeer nie. Die larwestadium is nie vir mense besmetlik nie. 'n Mens kan vleis eet waarin daar larwes (blaaswurm) is, solank die vleis goed gaargemaak word. Die eierstadium van die infeksie is egter 'n soönose, d.w.s. dit kan van die dier na die mens oorgedra word. Honde dra die eiertjies na mense oor, want die eiers is klewerig en sit dikwels aan die hond se haarkleed vas. Tekens wat infeksie by mense aantoon , is verlies aan eetlus en gewig, maagkrampe, hoofpyn en duiseligheid. Epilepsie, stuiptrekkings, disoriëntasie en die dood mag intree.

    Behandeling:
    As die blaaswurm wat op die harsings ontwikkel vergroot, veroorsaak dit druk op die kopbeen, wat dan dunner en sagter word. 'n Spuitnaald kan in die blaas gesteek word om die vog uit tesuig. Diere kan so genees word, indien daar net die een blaas is. Alle voorsorg moet getref word dat karnivore en honde nie van die blase vreet nie, want dan word die lewensiklus voortgesit.

    Siste kan ook chirurgies uitgesny word by diere wat besonder waardevol is.

    Maatreëls vir voorkoming:

  • Beheer rondloperhonde en plaagdiere op die plaas
  • Ontwurm die plaashonde gereeld
  • Vernietig die karkasse van diere (verbrand) sodat honde en jakkalse nie van die siste kan inneem nie. Sny die koppe af,verbrand en begrawe diep.
  • Geen rou afval moet vir honde gevoer word nie.
  • Was hande goed nadat jy met diere in aanraking was.
  • Kwarantyn besmette honde
  • Tel hondemis met handskoene op en verbrand dit
  • Besmette honde moet behandel word en 'n purgeermiddel kry sodat hulle so gou moontlik van die eiers ontslae kan raak. Engelse sout (magnesiumsulfaat) kan gegee word teen 5 tot 10mg opgelos in 250ml water per hond

     

  • Taenia ovis ovis
    Finale gasheer: Honde, jakkalse en wildehonde
    Tussengashere: Skape en bokke
    Die blaaswurms (Cysticercus ovis) word in die spiere van skape en bokke gevind. Erge besmettings mag diere laat vrek wanneer larwes deur die lewer boor.

     

  • Echinococcus granulosis
    Finale gashere: Verskeie karnivore
    Tussengashere: Veral herkouers, maar ook die mens en primate.

    Die lintwurm is baie klein (sowat 6mm lank) en bestaan gewoonlik uit 3 tot 4 segmente . Die laaste segment is vol eiertjies en een segment word uitgeskei per week. As 'n eiertjie deur 'n vatbare gasheer ingeneem word, ontwikkel daar 'n hidatied sist. Die blaas kan baie groot word en bevat selfs kleiner siste met baie lintwurmkoppies. Die blaaswurms kom by herkouers veral in die lewer en longe voor en by mense kan siste in enige orgaan voorkom, maar 3% kom in die brein en rugmurg voor. In 'n opname is bevind dat daar 'n 1% voorkoms van hidatidose in die RSA is. 'n Hoër voorkoms in beeste is in die Oos Kaap en Noord Transvaal gevind. In skape is daar 'n hoër voorkoms in Welkom en Vryburg, terwyl dit by varke voorkom in die Westelike Provinsie en Potgietersrus. Waar diere en honde in noue kontak met mekaar is, sal daar 'n hoër voorkoms van hidatidose wees.

    Om 'n diagnose van Echinococcus en Taenia multiceps in honde te maak, word honde 'n purgeermiddel, arekolien hidrobromied, gegee (2mg/kg) met 'n maksimum dosis van 48 mg. Die vloeibare gedeelte van die hond se mis word ondersoek vir eiertjies en lintwurms. Die mis moet daarna verbrand en begrawe word.

    Behandeling:
    Dit is belangrik om u probleem met die plaaslike veearts te bespreek, aangesien hy op hoogte sal wees van toestande in u omgewing.

    Vir draaisiekte word aanbeveel om kleinvee met prasikwantel bv Rid-A-Lint, Intervet G3213 teen 'n dosis van 100mg/kg . Herhaal vir 'n tweede keer 24 uur later. Hierdie behandeling mag dalk nie die gewenste uitwerking hê nie, aangesien die skade in die brein en kopbeen al te groot mag wees.

    Voorkoming:
    Misondersoeke kan van honde, wat in aanraking kom met kleinvee, gedoen word om vas te stel of hulle Taenia-eiertjies in hul mis het. Honde kan elke 3 maande met 'n middel wat prasikwantel bevat, bv. Triantel M, Intervet G3079, behandel word. Die blaaswurmprobleem mag al groter raak waar karnivore soos jakkalse in getalle toeneem.

    Diefstal kan ook 'n rol speel indien kleinvee gekraal moet word en meer honde ingespan word om hulle op te pas.

     

  • Geskryf deur dr. Faffa Malan, Intervet.

    10 Oktober 2006

Addisionele dokument

3
Gemiddeld: 3 (1 vote)
Jou gradering: Geen
  • 3194 keer gelees
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Aalwurm-opleiding kry hupstoot
  • Skaapvoerkrale : Basiese bestuursbeginsels
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction