Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Skape-en-bokke / Siektes / Siektes / Melkkoors / Lammers-kan-nie-melkkoors-kry

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Lammers kan nie melkkoors kry

Ingestuur deur Janbez op 22 Maart, 2006 - 08:12

Vraag

Daar is sommige mense wat glo dat as 'n boklam te veel melk drink, dit kan siek word. Is dit melkkoors?

Antwoord

Deur: Dr. JASPER COETZEE

Vraag:
Daar is sommige mense wat glo dat as 'n boklam teveel melk drink, dit kan siek word. Dit is veral onder die ouer mense wat hierdie geloof bestaan. Daarom was ons as kinders beopdrag om veral die eenling lammers se ma's bietjie te melk so laat die lam nie te veel melk drink nie. Iemand het ook in 'n stadium genoem van melkkoors as 'n siekte wat lammers kry. Die vraag is, bestaan daar so iets, kan baie melk 'n probleem veroorsaak? As dit bestaan wat is die behandeling daarvoor? - Chris Baisako (Chris.Baisako@logical.com.na)

Antwoord:
Daar bestaan nie so 'n siekte soos "melkkoors" by lammers nie. Indien lammers wat voltyds by hulle moeders is, dopgehou word, sal waargeneem word dat hulle baie gereeld en soms kort-kort suip. Die lammers se fisiologie is sodanig dat hulle onder normale toestande, waar die lammers voltyds by die ooi is, net genoeg melk drink wat sy verteringstelsel kan hanteer. Lammers skei ensieme in die abomasum (melkpens) af om die ingenome melk te verteer. Onder normale toestande, waar die lammers voltyds by die ooie is, drink hulle melk, mits die ooie genoeg melk produseer, totdat hulle maag 'n sekere drukking het en dit stuur 'n senu-impuls (boodskap) na die brein wat dan op sy beurt weer 'n "boodskap" via 'n senu-impuls terugstuur dat hy versadig is en gevolglik hou die lam op met drink.

Onder abnormale toestande (bv. die boklammers bly in die kraal) is die lammers só dors dat hulle hierdie "senu-impuls" van versadiging letterlik "oorskryf" en gevolglik drink hulle te veel omdat hulle natuurlike instink hulle voorberei dat hulle nie gou weer melk gaan kry nie. In sulke gevalle word die ingenome melk nie volledig verteer nie omdat die lam bloot eenvoudig nie voldoende ensieme kan afskei om al die melk meteens te verteer nie.

Hierdie toestand gee aanleiding tot spysverteringsteurnisse (bv. maagwerk) wat die lammers dan siek maak (moontlik is die term "melkkoors" vroëer dae gebruik om hierdie toestand te beskryf). Dieselfde sal gebeur indien hanslammers te veel melk per keer gevoer word.

Daarom beveel ons aan om hanslammers die eerste sewe dae minstens 5 keer per dag te voer. Die eerste dag word ongeveer 50 ml melk per keer gevoer. Daarna word die hoeveelheid melk per keer geleidelik volgens 'n vaste program vermeerder terwyl die aantal voedings per dag geleidelik verminder word. Die praktyk om boklammers op kraal te hou en net die ooie te laat wei, word daarom ontmoedig. Baie produsente laat hulle boklammers saam met die ooie wei met uitstekende resultate.

Melkkoors is 'n metaboliese steurnisse wat by laatdragtige ooie net voor of net na geboorte van hulle lammers kan voorkom weens 'n kalsiumtekort in die bloed. 'n Kalsiumtekort ontstaan meestal as gevolg van 'n te hoë inname van kalium (potas) weens die voer van ongebalanseerde rantsoene, voer van net mielies of kleingrane en beweiding van aangeplante weidings. Kalium onderdruk die opname van kalsium. Indien egter te veel kalsium (bv. voerkalk of boukalk) gevoer word, kan dit ook melkkoors veroorsaak omdat dit die sklidklier se normale werking beïnvloed terwyl dit ook ernstige spoorelementtekorte kan veroorsaak wat die produksie en reproduksie van die diere nadelig beïnvloed. Ons gebruik spesiaal geformuleerde rantsoene om melkkoors te voorkom. Skakel my gerus vir meer inligting in die verband.

 

  • Dr. Jasper Coetzee is tegniese direkteur van Voermol Voere.

    21 Maart 2006

Addisionele dokument

5
Gemiddeld: 5 (1 vote)
Jou gradering: Geen
  • 1988 keer gelees
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Santa Gertrudis wen prestasietoetsklas
  • Grond vir jeugkamp
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction