|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek het 'n ram wat bloed in sy mis het. Die ram se anus het op 'n staduim gebloei. Ek het hom eenkant afgehok en hou hom nou dop. Wat kan die oorsaak wees?
Vraag:
Ek het 'n ram wat bloed in sy mis het. Die ram se anus het op 'n staduim gebloei. Dit het egter nou opgeklaar en daar is net 'n geringe rooi skynsel oor in die mis. Ek het hom eenkant afgehok en hou hom nou dop. Wat kan die oorsaak wees? - Alwyn Botha (jamba@mweb.co.za)
Antwoord:
Baie moontlikhede, maar dis 'n seldsame verskynsel. 'n Bloeding veroorsaak deur 'n besering is die eerste moontlikheid waaraan gedink moet word bv. 'n mismonster wat geneem is, homoseksuele dekking. Daar kan die een of ander afwyking teenwoordig wees bv. papille (vratte) en selfs kanker. Koksidiose kan ook bloed in die mis veroorsaak, maar dit lyk na 'n vae moontlikheid in hierdie geval. Omdat dit 'n ram is, is dit die moeite en geld werd om hom deeglik deur 'n veearts te laat ondersoek indien die bloeding aanhou.
3 September 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24