|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ek dink my kleinvee het pink eyes. Dit lyk so, volgens die handleiding Hand Book for farmers, stock diseases) van Bayer, bladsy 50 (bovine rickettsiosis). Wat moet ek nou doen? Is dit aansteeklik? Wat kan ek toedien en hoe kan ek die toestand voorkom? - Andre Coetzee (mattyb@hiprom.com)
Vraag:
Ek dink my kleinvee het pink eyes. Dit lyk so, volgens die handleiding Hand Book for farmers, stock diseases) van Bayer, bladsy 50 (bovine rickettsiosis). Wat moet ek nou doen? Is dit aansteeklik? Wat kan ek toedien en hoe kan ek die toestand voorkom? - Andre Coetzee (mattyb@hiprom.com)
Antwoord:
Aansteeklike ooginfeksies kom wyd voor by skape en bokke in Suider-Afrika en veroorsaak groot ekonomiese verliese.
'n Kiem Moraxella ovis, is al geïsoleer uit die oë, maar nie alle navorsers glo dat die kiem 'n belangrike rol speel nie. Onlangse isolering van kieme uit geaffekteerde oë het wel Moraxella ovis asook Mycoplasma spp. bevat. Toe hierdie kieme in oë van lammers geplaas is, kon oogsiektes egter nie verwek word nie. Ander kieme wat ook al geïsoleer is, is soos u hierbo noem Rickettsia (Colesiota) conjunctivae, maar werkers beweer dit was die kiem Chlamydia psittaci wat nou as C.pecorum bekend staan. Verskeie Mycoplasma spp. is al geïsoleer en die siekte is verwek deur M. conjuntivae in die oë van gesonde diere toe plaas.
Behandeling:
Isoleer aangetaste diere aangesien hulle 'n bron van besmetting is. Hou hulle in die skadu in 'n stofvrye omgewing.
Oë moet met antibiotika behandel word en oogsalwe word bo aërosols en poeiers aanbeveel. Raadpleeg 'n veearts vir 'n aanbeveling oor watter middel beskikbaar is. Daar moet altyd met die behandeling aangehou word, omdat selfs gevalle wat soms hopeloos lyk, dikwels selfs na 'n week of twee kan herstel.
Die binnespierse toediening van 'n langwerkende tetrasiklïene soos bv. Reverin LA (Reg. No. G3442 Wet 36/1947) word aanbeveel en sal ook die draertoestand kan uitskakel. Afhangend van die koste-implikasie mag daar oorweeg word om die hele kudde te behandel. Waar erge korneale letsels voorkom, kan die derde ooglid oor die kornea vasgewerk word, Vitamiene A, D en E kan ook toegedien word, maar die waarde daarvan is twyfelagtig.
Voorkoming in die vorm van insekbeheer is baie belangrik en diere se koppe kan behandel word met 'n middel wat 'n piretroïede bevat bv. Delete X5 (Reg. No. G3279 Wet 36/1947) of 'n opgietmiddel bv. Delete (Reg. No. G2815 Wet 36/1947) of Delete All (Reg. No. G2837 Wet 36/1947) wat op die kop toegedien word.
Daar is ook 'n entstof Piliguard Pinkeye - 1 Trivalent (Reg. No. G2803 Wet 36/1947) beskikbaar wat 3 tot 6 weke voor verwagte uitbreke toegedien kan word. Daar moet net onthou word dat verskillende stamme van die Moraxella bovis kiem voorkom en dat die entstof nie ewe goeie beskerming teen alle stamme bied nie.
Lees ook die vraag oor skape wat blind word. (Vra vir Faffa, Nommer 16 5 1509 op 24/01/2005 op hierdie webblad).
27 Junie 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24