|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Johne se siekte veroorsaak probleme vir baie boere. Wat kan hulle doen om saam die siekte te beveg? 'n Veearts gee raad.
Vraag:
Johne se siekte veroorsaak probleme vir baie boere. Wat kan ons doen om saam die siekte te beveg?
Antwoord:
Johne se siekte en die toekoms van skaapboerdery in Suid-Afrika
Johne-siekte word veroorsaak deur Mycobacterium avium paratuberculosis en kom voor in enige skaap- of beesras. Die verspreiding van Johne-geïnfesteerde skape oor Suid-Afrika is moeilik om te bepaal weens die lang inkubasieperiode (die tydperk wat verloop vandat die dier die skadelike organisme optel, totdat die dier kliniese tekens begin wys) asook die astronomiese kostes verbonde aan opnames. (Lees ook Antwoord 1838739: Het my skape Johne se siekte? op hierdie webwerf.)
Redes tot kommer
Van 1993 tot 2005 is altesaam 1 665 gevalle van Johne se siekte in Suid-Afrika aangemeld. Hiervan is 149 vrektes, 637 gedood en 879 oorlewendes. Uit die totaal van 1665 gevalle wat landwyd aangemeld was, was 14 beesgevalle.
In die Westelike Provinsie was daar in dié tydperk 412 gevalle, waarvan 119 vrektes, 209 gedood en 84 oorlewendes.
Finansiële verliese in die Westelike Provinsie:
Verlies van 328 diere
Gemiddelde uitslaggewig = 20kg
Gemiddelde prys per kg = R30,00
TOTALE VERLIES = R196 800
![]() |
Die diere wat 'n swak immuunreaksie toon, sal dus nie beskerm wees teen die siekte waarteen daar ingeënt is nie.
Beheer van beheerde- en aanmeldbare siektes d .m.v. permanente identifikasie en naspeurbaarheid
In verskeie lande is daar bevind dat naspeurbaarheid uiters belangrik is in die beheer van beheerde en aanmeldbare siektes. Toe daar in Kanada 'n positiewe BSE (malkoeisiekte) geval was, het dit hul slegs drie weke geneem om al die diere waarmee die positiewe geval in aanraking gekom het, op te spoor d.m.v. hul naspeurbaarheidsisteem. Kanada is die enigste land wat hul EU status vir uitvoer van vleis teruggekry het nadat daar 'n BSE positiewe geval was. In Australië maak naspeurbaarheid al vanaf begin 2006 'n deel uit van hul beheer van Johne-siekte. Naspeurbaarheid kan dus in samewerking met die ander huidige metodes vir die beheer van Johne-siekte in Suid-Afrika gebruik word om die beheer daarvan te verbeter. 'n Naspeurbaarheidsisteem in Suid-Afrika sal dus ook help met die beheer van ander aanmeldbare en beheerde siektes.
Die Intervet "ID Tags" in kombinasie met die "GMP Basic&TM; Patented Livestock Traceability Management Programme", wat gekoppel kan word met DNA, is die eerste stap na naspeurbaarheid in Suid-Afrika. Met hierdie stelsel kan elke dier vanaf geboorte uniek geïdentifiseer word en kudderekords op 'n sentrale databasis gestoor word d.m.v. internet. Kuddebestuur sluit die hou van toetsresultate van aanmeldbare, beheerde en erosie siektes, met behulp van u veearts in.
Bronne:
Bath G & de Wet J. 2000. Sheep and goat diseases. Tafelberg Publishers Limited, Cape Town.
NSW Department of Primary Industries / Agriculture. NLIS Sheep & Goats. (2006). [Internet-artikel] Verkrygbaar vanaf http://www.agric.nsw.gov.au/reader/nlis-sheep-goats/sheep-goats-nlis.htm [soos op: 3 Julie 2007]
NSW Department of Primary Industries / Agriculture. OJD: The Vaccine. [Internet artikel] Verkrygbaar vanaf http://www.agric.nsw.gov.au/reader/ojd-on-farm-mangement/2-ojd-vaccine.pdf [soos op: 3 Julie 2007]
20 Junie 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24