|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Jong skaapboer wil weet waarom een van sy skape kruppel loop, en wat hy daaraan kan doen.
Vraag:
Ek is in graad 8 en het landbou as 'n skoolvak en het nou 'n paar dragtige Dorper skape. My een skaap loop kruppel, maar daar is nie 'n bosluis in haar kloutjie of in haar oksel nie. Dit lyk asof die probleem in haar regter voorbeen is. Wat kan dit wees en wat moet ek doen? Wessel - (wessel.potgieter@gmail.com)
Antwoord:
Dit maak my hart bly dat jy as jong man alreeds so aktief betrokke is by die boerdery! Voordat ons die probleem van jou kruppel skaap gaan bespreek, wil ek vir jou 'n paar riglyne gee wat jou met jou dieregesondheidsprogram kan help:
In antwoord 1921704 word 'n volledige bestuursprogram vir skape en bokke gegee. Inligting oor 'n nuttige boek waarin meeste dieresiektes in maklike Afrikaans bespreek word, kan in antwoord 2053150 verkry word. Dit is altyd raadsaam om saam met jou veearts, wat die plaaslike omstandighede goed ken, 'n bestuursprogram vir jou spesifieke plaas op te stel.
Skaap wat kruppel loop:
Voordat enige diagnose gemaak word, moet die skaap deeglik ondersoek word. Omdat die skaap kruppel loop, moet meer aandag aan die bene, pote en gewrigte gegee word. Laat die skaap loop en hardloop en probeer vasstel watter been aangetas is. As albei pote aangetas is, kan die rugstring en brein selfs betrokke wees. Laat die skaap sit en kyk en voel of daar enige swelsel teenwoordig is. Kyk veral na die kloutjies. Let op of daar enige kleurverandering, smetterigheid en slegte reuk is. Kyk of die kloutjies mooi gevorm is - gebruik 'n hoefskêr om die kloue reg te vorm indien nodig. Kyk baie mooi tussen die 2 kloue of daar nie'n bosluis sit nie. Een bosluis (veral die bontpoot-, bont- en bruinbosluise met langmonddele en in Barkly-Oos omgewing 'n bosluis, Rhipicephalus Neumann) kan erge mankheid veroorsaak. Kyk mooi of daar nie 'n voorwerp tussen die kloue vassit of selfs ingesteek het nie. Dorings, steekgras, skerp klippe en metaalvoorwerpe kan beserings veroorsaak.
'n Besering soos bv waar 'n skaap gestamp is of skeef getrap het en selfs 'n been gebreek het, kan mankheid tot gevolg hê.
Swere veroorsaak deur kieme kan ook mankheid veroorsaak.
Gewrigsontsteking kan ook pynlik wees wat aanleiding tot mankheid kan gee. Nadat 'n dier ingespuit is met 'n entstof of middel, kan diere vir 'n paar dae mank loop afhangende waar die dier ingespuit is.
As 'n dier te veel koolhidrate (bv mielies gevreet het, kan die pote ontsteek word (laminitis) en loop 'n dier baie moeilik en is styf. Raadpleeg jou veearts wat vir die skaap 'n teensuurmiddel soos bv koeksoda en antihistamiene sal voorskryf.
Bloutong veroorsaak 'n ontsteking van die hoefkrone en 'n dier loop dan baie moeilik. Hartwater kan 'n dier ook onvas laat loop.
Meeste van bogenoemde toestande is alreeds breedvoerig bespreek asook hoe om die toestande te behandel en ek raai jou aan om die antwoorde te lees en dan te besluit wat om te doen. Deur op een van die onderwerpe te klik, sal die betrokke artikel vertoon word.
1669551 Vrotpootjie by skape
1699493 Swere en siste
1717483 Jong boklammers se knieë swel op, vrek
1754982 Beginnerboer se ram se knie erg geswel
1766600 Dorpers raak lam in bene en hou op vreet
1944664 Hoe gemaak met vrotpootjie by skape
1972603 Sitsiekte by vee
1977564 Vee loop kruppel na onderhuidse spuit
2020736 Vrotpootjie en sweerklou by kleinvee
037648 Absesse by skape
2176474 Geswelde gewrigte, krom bene by lammers
26 November 2007
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24