|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Wat is die vroegste ouderdom wanneer ek lammers teen Slenkdal kan ent?
Indien koeie of ooie voorheen met die lewende Slenkdalkoors (SK) entstof ingeёnt is, behoort hulle immuun te wees vir hulle volle leeftyd. Lammers en kalwers uit hierdie diere gebore word vir ongeveer 6 maande deur die teenliggame in die biesmelk teen SK beskerm. Dit is dus uiters belangrik dat die lammers en kalwers genoeg biesmelk inneem binne 6 ure na geboorte. Hierdie lammers en kalwers word eers na 6 maande teen SK ingeёnt omdat die passiewe immuniteit wat deur die biesmelk verkry is, die immuunrespons van die lam of kalf sal blokkeer indien hulle te vroeg met SK entstof ingeёnt word.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24