|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Leser wil meer oor inteling weet en een van ons kundiges beantwoord haar vrae.
Vraag:
Is daar iemand wat al inteling met sy diere gedoen het en wat was die resultate? As jy 'n ram by sy eie dogters bring, sal van die lammers of baie beter wees of sal minder goeie eienskappe eerder uitkom? As 'n spesifieke dogter 'n baie goeie lam teel, sal verdere lammers van haar met haar pa ook goed wees? Waar kan mens meer inligting kry oor die interessante onderwerp? - Leonie (jakkelsdraf@telkomsa.net)
Antwoord:
Inteling en die gevolge van inteling in diere is baie goed beskryf in die literatuur en is basies die teling van diere wat verwant is.
Inteling kan basies vergelyk word met 'n motor se versneller. Hoe vinniger mens ry, hoe groter raak die risiko's! Met inteling werk dit presies dieselfde - hoe meer inteling toegepas word, hoe groter raak die risiko dat nadelige eienskappe of selfs defekte in die nageslag gefikseer word.
Oor die algemeen word inteling op 'n lae vlak in stoetkuddes gebruik, veral as uitstaande diere met besonderse genetiese eienskappe beskikbaar is. In die gevalle word van "lynteling" gebruik gemaak, wat gebaseer is op inteling, maar op 'n meer gestruktureerde en wetenskaplike manier.
In die meeste gevalle word nie meer as 12,5% inteling of dan lynteling toegepas nie. Dit is bekend dat verskeie strukturele of fenotipiese afwykings voorkom indien inteling onoordeelkundig toegepas word. Selfs wanneer inteling goed beplan word, is daar soms tekens van strukturele afwykings wat gewoonlik nadelige gevolge het.
Ten slotte, moet ek dus noem dat mens liefs die advies van 'n telingskundige moet inwin alvorens inteling gebruik word.
19 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24