Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Skape-en-bokke / Teling / Ooie / Dekouderdom / Ideale-eerste-dekouderdom-van-skape

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Ideale eerste dekouderdom van skape

Ingestuur deur Janbez op 24 Julie, 2008 - 10:10

Vraag

'n Lid van ons gespreksforum wil weet wat die ideale eerste dekouderdom van dorperooitjies in ekstensiewe toestande is en een van ons kundiges help.

Antwoord

Deur: Dr. JASPER COETZEE

Vraag:
Wat is die ideale eerste dekouderdom van dorperooitjies in ekstensiewe toestande?

As voorbeeld lig ek my eie situasie uit. Ek het tans twee troppe. Die eerste trop is vanaf Oktober tot November by die ramme en lam tussen Maart tot April. In my toestande is die lammers markgereed van die veld af van die einde van Julie af (vyf maande oud). In die tweede trop word ramme in Maart tot April bygesit en lam die ooie vanaf Augustus tot September. Die lammers is so van die einde van Desember af markgereed.

Daar is twee moontlikhede hier - die eerste moontlikheid wat ek tans toepas, is dat ooitjies oorkruis tussen die twee troppe ingelos word in die boerdery. Vir die eerste trop sal die lammers wat dus vanaf Maart aankom die volgende jaar se Maart maand ram kry saam met die tweede trop en word dan deel van die tweede trop.

Vir die tweede trop sal die lammers wat dus vanaf Augustus aankom die volgende jaar Oktober ram kry saam met die eerste trop en word dan deel van die eerste trop. Die ooitjies kry dus min of meer ram op onderskeidelik 12 maande en 14 maande.

Die tweede moontlikheid is dat elke trop vir homself sorg, m.a.w. dat die eerste trop se ooilammers die volgende jaar vanaf Oktober tot November dieselfde tyd ram kry as die eerste trop. Hulle is dus min of meer 7 maande oud. Dieselfde geld ook vir die tweede trop.

Ek kan voordele en nadele noem vir beide keuses, maar wat is julle mening oor die twee alternatiewe? Is daar dalk ander moontlikhede ook? - Johann Strauss (jstrauss@sun.ac.za)

Antwoord:
Wat is die ideale dekouderdom (massa) vir skape?

Jongooitjies moet 'n minimum van 65%, maar verkieslik 75%, van die volwasse ooie (wanneer hierdie volwasse ooie in 'n goeie kondisie is) se massa hê voordat hulle suksesvol gepaar kan word. Jongooie wat in die eerste groep (Groep A) gebore is, moet saam met die tweede groep (Groep B) se volwasse ooie gepaar word terwyl Groep B-jongooie weer saam met die volwasse ooie in Groep A gepaar word. Indien dit so gedoen word, sal die jongooie se gemiddelde paarouderdom 12 tot 14 maande wees.

Is daar 'n verskil in dekmassa onder intensiewe en ekstensiewe boerdery omstandighede?

Die persentasie (75%) van die liggaamsmassa bly dieselfde. Die ooitjies in 'n intensiewe omgewing bereik dit net gouer. Vir elke kg wat die jongooie swaarder is met paring, styg hulle gemiddelde lampersentasie met 2% tot 2.5%. Bly by bogenoemde aanbevole stelsel.

Wat van dag/nag lengte?

Jongooie se besetting en lampersentasie is beter soos die dagliglengte korter word. Uit 'n reproduksie-oogpunt is die beste tyd Februarie tot Mei. Indien ooie gedurende die ander maande (Junie tot Januarie) van die jaar gepaar wil word, kan uitstekende resultate verkry word deur van koggelramme en prikkelvoeding gebruik te maak.

Wanneer is ooie se vrugbaarste tyd?

Februarie tot Mei.

Wat is die rol van koggelramme?

Indien hoë libido koggelramme (Afrikaner- of Afrinoramme) gebruik word, kan die lampersentasie met 19% tot 21% verhoog word en die paartyd kan tot 28 dae verkort word. Meer as 90% van die ooie lam binne die eerste drie weke van die lamseisoen. Koggelramme word altyd, maak nie saak wanneer gepaar word nie, aanbeveel.

Klik hier vir meer inligting oor die rol van koggelramme.

Wat is die rol van prikkelvoeding?

Prikkelvoeding verhoog die lampersentasie van ooie met ongeveer 10 tot 25%. Prikkelvoeding word altyd, maak nie saak wanneer gepaar word nie, aanbeveel.

Klik hier vir meer inligting oor prikkelvoeding.

 

  • Geskryf deur: Dr Jasper Coetzee, Tegniese bestuurder, Voermol (jasperco@iafrica.com).

    24 Julie 2008

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 3004 keer gelees
Nuwe inskrywing

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wyer vasstelling van graanpryse?
  • Donkiehemel op McGregor
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction