|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Wat is die eerste tekens aan ‘n skaapooi waaraan mens kan sien dat sy dragtig is?
Die vroeë herkenning van dragtigheid by ooie is baie moeilik omdat bitter min uiterlike tekens waarneembaar is. Die enigste waarneembare teken van vroeë dragtigheid is dat die ooie nie op hitte kom nie. Gedurende laatdragtigheid kan waargeneem word dat die uier begin ontwikkel en dat die ooi "voller" word weens die groei van die baarmoeder, vrugvliese en fetusse, asook die aansameling van die vrugwater in die baarmoeder. Die herkenning van dragtigheid deur die ooi self vind ongeveer 12 tot 13 dae na bevrugting by skape plaas (Rowson & Moor, 1967; Cottle, 1991) en 15 tot 17 dae by bokke (Gnatek et al., 1989), maar die mens kan dit nie waarneem nie, behalwe deur bloedtoetse.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24