Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Skape-en-bokke / Vergiftigings / Ander / Voer-wat-kankerroos-en-boetebossaad-bevat

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Vrydag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:10 C
  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:19 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:19 C
  • Laag:7 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:25 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:88%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Voer wat kankerroos- en boetebossaad bevat

Ingestuur deur Faffa op 22 Februarie, 2012 - 08:35

Vraag

Ek het sonneblomkaf bekom wat vol kankerroossade (Xanthium strumarium) is en ek verstaan dat hierdie sade giftig is. Ek wil weet of daar 'n manier is om hierdie kaf as veevoer te gebruik.

Antwoord

Deur: DRS. JASPER COETZEE EN FAFFA MALAN

Kankerroos (Engels: Cocklebur) (Xanthium strumarium = X. pungens) en Boetebossie (Engels: Spiny coclebur) (Xanthium spinosum) behoort beide aan die Xanthium-spesie. Hulle is giftige plante met talryke klein vrugte (sade) met klitsdorings wat maklik in wol of bokhaar vashaak. Wol en bokhaar wat met hierdie onkruide se saad besmet is, word baie erg op grond van prys gepenaliseer omdat dit 'n baie duur proses is om dit verwyder. Boetebossie is geproklameer vir verpligte uitroeiing. Spanne arbeiders is destyds gebruik om boetebos en kankerrroos langs die Olifants-, Elands-, Middel-Letaba-, Levubu-, Steelpoort- en Selonsrivier in die Transvaalse bosveld te bestry.

 
Daar is nie 'n manier hoe hierdie besmette kaf as veevoer gebruik kan word nie. Met die maal van die kaf is die kanse goed dat van die sade gebreek of beskadig is en dan kom die gifstof vry. Volgens dr. Faffa Malan is die gifstof karboksiatraktilosied wat in die kotiledons (embrio’s in die sade van 'n plant) van die plant voorkom.  Die sade veroorsaak probleme soos obstruksie en inflammasie as hulle by die opening van die skede van bulle vashaak. Kliniese tekens van vergiftiging is abdominale pyn, spierswakheid en konvulsies (lees verder op: http://www.landbou.com/kundiges/vra-vir-faffa/varke/vergiftiging/boetebossies-giftig-vir-skape-beeste-en-varke
 
Volgens dr. Neil Fourie veroorsaak hierdie gebreekte sade, wanneer dit deur diere gevreet word, baie erge diarree wat tot sekondêre infeksies (inflammasie) aanleiding kan gee en selfs tot vrektes kan lei. Indien van die heel sade onbeskadig deur die dier se spysverteringskanaal beweeg, gaan dit wanneer die toestande gunstig is, ontkiem en dan die omgewing met hierdie onkruide besmet.
 
Bron: Kellerman, T.S., Coetzer, J.A.W., Naude, T.A.W. and Botha, C.A.W. 2005. Plant Poisonings and Mycotoxicosis of Livestock in Southern Africa. Oxford University Press. ISBN 978 0 19 57613 4
 
Geskryf deur: dr. Jasper Coetzee, Tegniese Bestuurder, Voermol Voere (jasperco@iafrica.com) en dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
 
22 Februarie 2012

Addisionele dokument

3
Gemiddeld: 3 (1 vote)
Jou gradering: Geen
  • 310 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuttige troeteldierboek beskikbaar
  • Boerbok begin
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction