|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Is dit wenslik om hooi te maak van gras wat met gifblaar besmet is? Sal dit dodelik vir diere wees as hulle van die blare in die hooi inkry? Wat is die jongste navorsing van hoe om gifblaar uit te roei?
Gifblaar bly giftig al is dit gedroog. As ‘n hooikontaminant sal dit dus nog steeds vergiftiging kan veroorsaak. Onkruiddoders wat gebruik word, is picloram (“Access” en “Browser”). Dit word met bietjie olie en water gemeng en dan in die somer op die volgroeide blare gespuit. Tebuthiuron (“Molopo”) word gebruik as ‘n grondbehandeling om die plant te dood. Volgens verslae wat ons ontvang het, blyk dit dat die bespuiting met onkruiddoder egter weer die volgende seisoen herhaal sal moet word.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24