|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
'n Leser vra of klawers tussen gras beeste steriel maak en ons kundiges help.
Vraag: Ek is 'n landboukundige by 'n privaat kunsmismaatskappy. 'n Boer het ingebel wat beweer die klawers tussen sy gras sy beeste steriel maak. Kan dit so wees? Hy het by iemand gehoor dat deur groot hoeveelhede stikstof toe te dien die klawers sal vrek en die gras sal groei. Dit klink net nie vir my reg nie. - Gideon Voigt (gideon@aquasolgroup.com)
Antwoord:
Van die ouer klawer kultivars (soos ook "subterranean clover") het oestrogeniese stowwe bevat wat vrugbaarheidsprobleme, veral in skape, veroorsaak het. Die nuwer kultivars het 'n baie lae oestrogeniese aktiwiteit en sal nie probleme veroorsaak nie, veral ook omdat dit saam met die gras bewei word.
Stikstof (N) bemesting onderdruk die groei van klawers, maar bevoordeel die groei van gras. Gras raak die hoof komponent in 'n grasklawerweiding wat met N bemes word. N bemesting sal nie noodwendig die klawer doodmaak nie. Die klawer groei net stadiger en is minder kompeterend as die gras en met die verloop van tyd (jare) kan die klawers in die weiding uitvrek.
Minder klawers in die weiding impliseer 'n afname in die "klawergevaar" van 'n grasklawer weiding. Ongelukkig word hierdie grasklawerweidings gewoonlik baie intensief benut/gewei en is hierdie weidings gewoonlik kort afgevreet. Kort weidings bevoordeel weer die groei van die klawerkomponent in die weiding - grasweidings herstel stadiger as hulle te kort afgewei word.
In hierdie geval sal die inname van klawer toeneem, en kan die "klawergevaar" 'n rol speel. Die probleem met klawers ("klawergevaar") is eerder opblaas as onvrugbaarheid. Klawers en medics kan hoë vlakke van estrogeen bevat, maar daar word aktief teen hierdie eienskap geselekteer en die huidige kultivars in die mark bevat redelike lae estrogeen vlakke en behoort nie 'n probleem te wees nie.
Klawers kan 'n groot rol speel in die ekonomie van besproeide weidings. Indien die weidingsboer bewus is van die "klawergevaar" en die weiding reg bestuur en benut word, kan die rol van 'n klawer in die weiding baie positief wees.
30 April 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24