|
|
|
| Bygewerk: | 25 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 88% |
| Wind: |
Ons het met Dorpers gewerk in 'n gewone, tipiese stofkraal in die Karoo, toe daar na 'n tyd 'n jong ooi gaan lê het wat nie weer wou opstaan nie. Met die nadoodse ondersoek (ons het haar keelafgesny) was die derms effe geel, maar die eienaardigste was dat die longpype, én die slukderm, vol stof was, so erg dat jy dit kon afkrap met 'n stomp mes. - Pieter Botha (Bethlehem@tekomsa.net)
Vraag:

Antwoord:
Al waaraan ek en my kollegas kan dink, is dat die ooi 'n onderliggende siekte gehad het, wat haar laat gaan lê het. Besonderhede is te min om 'n diagnose te probeer maak. Wat ons dink wel gebeur het, is dat die ooi met haar kop in die stofkraal gaan lê het en op dié wyse baie stof ingeasem het. Sy het ook waarskynlik gesluk en koubewegings in die stof gemaak wat 'n neerslag in die slukderm tot gevolg gehad het.
12 Maart 2005
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24