Vra vir Faffa

Stoor van Eragrostis (oulandsgras) ronde bale

Vraag

Hoe lank kan Eragrostis rondebale binne, buite onder seil en buite sonder seil op die Hoëveld gestoor word? Die reënval is ongeveer 600 mm per jaar.

Antwoord

Die ideaal is om Eragrostis ronde bale op palette, van die grond af onderdak te stoor  waar dit dan  4 tot 5 jaar kan bly.

Dit is egter so dat die kwaliteit jaarliks verswak maar nie drasties nie.

Die bale aan die buitekant van die hoop verswak vinniger , veral  as dit ‘n oop afdak is

Onder seile word dit beskerm teen reën maar nie teen hitte en bestraling nie, dus  het die bale ‘n korter leeftyd.

Oop bale op die land sal hoogstens ‘n jaar goed bly, afhangend van die klimaat. Boere moet poog om die baal oppervlakte wat bloodgestel word aan die klimaat so klein as moontlik te hou om baal kwaliteit te behou.

Ons het in die afgelope maande met die goeie reënval gesien dat oop bale baie vinniger verswak het.

Baie belangrik: Dit hang natuurlik ook af van die baalproses en bale se digtheid, hoe meer kompak hoe langer sal die kwaliteit behoue bly.

Beskryf deur: Prof Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)   en Linde du Toit, Veevoedingkundige, Tshwane Universiteit van Tegnologie

20 Maart 2017

 


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.