Menu

Teef op hitte

Vraag:

'n Leser wil weet van watter ouderdom haar Jack Russell-teef op hitte gaan en of daar 'n middel beskikbaar is om reuns weg te hou. Een van ons kundiges help.

Antwoord:

Vraag:
Ek wil graag weet van watter ouderdom af 'n Jack Russell op hitte gaan. Ek het gehoor van 'n middel wat jy by troeteldierwinkels te koop kry wat aangespuit kan word om 'n reun weg te hou, maar werk dit rêrig? - Ciska Myburgh (ciska@ipa.co.za)

Antwoord:
Puberteit

Honde bereik gewoonlik geslagsrypheid op 'n gemiddelde ouderdom van 6 tot 7 maande, maar dit kan enige iets van 4 tot 22 maande wees, afhangende van die individuele hond, asook die honderas. Kleinras honde kom gewoonlik die eerste keer op hitte tussen 6 en 10 maande ouderdom.

Sproeimiddel

'n Paar vrae om te oorweeg aangaande die middel waarna u verwys:
 

  • Hoe gaan u bepaal wanneer om die sproei te begin gebruik? Die term op hitte is 'n samevatting van twee stadia van die teef se siklus - proëstrus en estrus. Proëstrus word gekenmerk deur 'n bloederige vaginale afskeiding en swelling van die vulva. Proëstrus word gevolg deur estrus. Gedurende estrus kan die bloederige afskeiding asook die swelling van die vulva afneem. Die teef laat gewoonlink dekking slegs toe gedurende estrus. Proëstrus kan egter enige iets van 2 tot 25 dae duur.
  • Kan u die middel akkuraat elke 4 tot 6 ure aanspuit?
  • Hoe gaan u bepaal hoe lank u die sproei moet gebruik? Estrus kan tussen 2 en 21 dae duur.
  • Watter waarborg het u indien die middel nie werk nie en die teef dragtig word?

    Ek kan dus glad nie so 'n middel aanbeveel nie.

    Ander opsies

     

  • As u nie met die teef wil teel nie, laat haar steriliseer. Dit sal ook die teef se kanse om kanker van die melkkliere te ontwikkel, verminder.
  • As u met die teef wil teel, nader u veearts oor inspuitbare voorbehoedmiddels. Die middels is geskeduleerde medisyne omdat dit gedurende 'n spesifieke stadium van die teef se siklus toegedien moet word om effektief te werk.

    Verwysing:
    Compendium of Animal Reproduction 9th Edition. 2006. Intervet International.

     

  • Geskryf deur: Dr Sunelle Strydom (BVSc).

    19 Mei 2009

19 Mei 2009

8869 keer gelees | 1 kommentaar

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Jurita Esterhuyse

2014/03/17 05:53:51 PM

Ek het twee jackrussel teef honde, al twee is op hitte. Die twee teef honde kan glad nie naby mekaar kom nie dan baklei hulle. Ek wil net weet of hulle na die tyd wat hulle op hitte was nog steeds sal baklei, want hulle het nooit baklei nie. Ek gaan hulle laat steriliseer sodra hulle weer reg is.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/04/14 15/04/14 %
Beesvleis A2/A3 3415c 3422c down 0.2
Speenkalf (lewend) 1723c 1719c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4638c 4636c down 0
Varkvleis (gem. prys) 2136c 2119c down -0.8
Braaikuikens 1712c 1721c down 0.5

Aandele

  • Tuli's se Elite-koei

    Mnr. Hennie Eksteen van die distrik Malmesbury se Tuli-beeste benut die marginale gronde op sy plaas uitstekend.

  • Die Angus-ras se Elite-koei

    Mnr. Chris Purdon van Cathcart se Angus-beeste het hom die afgelope 30 jaar deur dik en dun gedra.

  • Elite-koei by Bonsmaras

    Mnr. Philip Dreyer van Memel is bekend onder sy tydgenote as ’n teler wat die vermoë het om diere se teelvermoë raak te sien.

  • Nguni's se Elite-koei

    Die Nguni-teler, mnr. Ben Fyfer van Vryburg, se beeste vaar besonder goed in die streek wat as SA se Texas bekend staan.