|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
My seuntjie van 11 wil baie graag 'n Cocker Spaniel teef hê en my man 'n Engelse Boel. Ons het reeds 'n worshond en baie ou Labradorteef wat op haar laaste is. Sal hulle almal oor die weg kan kom? Hoe hanteer hulle babas?
Met Engelse Boel neem ek aan jy bedoel die Engelse bullterrier (of is dit ‘n bulhond / bulldog?). Die bullterrier is bekend vir uitstekende menseverhoudinge, maar swak sosiale vaardighede. As hulle by ander honde kom, baklei hulle graag. Die spanjoel sal weer beter met die ander honde oor die weg kom, maar nie noodwendig met kinders nie – om een of ander rede kan hulle nogal byterig wees. As mens die jong hondjie van 2 tot 6 maande goed sosialiseer en mooi leer, staan die spanjoel ‘n beter kans om aan te pas met kinders en mense as die bullterrier met ander honde – sosialisering sal nie sommer die instinktiewe aggressie teenoor ander honde voorkom nie. Maak egter seker dat julle die hondjie, watter ras ookal, versigtig kies – die ouers se temperament (probeer die ma en die pa ontmoet) en ook die omstandigheide van die teler (bv. gereelde hantering en blootstelling aan normale huislike omstandigheide vanaf 3 weke ouderdom) het ‘n groot invloed op honde se geaardheid. As julle die spanjoel-roete kies, oorweeg dit dalk om een van die skaarser tipes te kry (bv. English springer spaniel) eerder as die tradisionele Cocker spaniel.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Vir 'n kind is 'n Labrador volgens my die beste hond om te he. Hulle is baie slim en het 'n uitstekende temperament. As ek jy is sal ek eers een klein hondjie grootmaak en dan die volgende. Twee klein hondjies saam leer by mekaar makliker slegte gewoontes aan. Sterkte
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)