Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Kundiges / Vra-vir-faffa / Troeteldiere / Gedragsprobleme / Hinderlike-gedrag / Honde-wat-baklei-2

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Bosman wen Jongboer van die Jaar
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:8 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 02:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Honde wat baklei (2)

Ingestuur deur Faffa op 12 Februarie, 2012 - 21:14

Vraag

Ek het twee groot honde, ’n Boerboel en ‘n Doberman. Die Boerboel is 7 jaar oud en die Doberman 2 jaar oud. Hulle baklei nie te gereeld nie, maar as hulle die dag baklei dan baklei hulle vir tot 2 ure aanmekaar.

Ons het al alles waaraan ons kan dink probeer om hulle uit mekaar te kry.

1. Gooi hulle met warm of koue water.
2. Gebruik die tuinslang en spuit hulle sopnat
3. Maak geraas en raas hard
4. Druk stok of iets in hulle bekke
Maar niks help nie, help asb. Ons is raadop!

Antwoord

Deur: DR. SUNELLE STRYDOM

Ek benodig asb die volgende inligting om van hulp te wees:

1.   Watter geslag is die twee honde?
2.   Beskryf asb. hoe hulle baklei
3.   Is daar enige iets wat as ‘n algemene sneller geïdentifiseer kan word vir die bakleiery?
 
Dr. Sunelle Strydom
 
Antwoord van eienaar:
Beste Dr,
 
Baie dankie dat u teruggekom het. Graag die volgende inligting soos versoek:
 
1. Hulle is altwee reuns en is nie gekastreer nie. Ons het die Doberman as 'n baba gekry en hy het groot geword voor die Boerboel
2. Hulle gryp mekaar die meeste van die tyd aan die keel of kop. Nie een van die twee kry regtig die ander een onder nie, so hulle is die heeltyd op hulle voete as hulle baklei.
3. Kos: ons sorg altyd dat hulle apart is as hulle eet, maar partykeer kom hulle uit voor ons dit kan keer.
As ons by die hek inry, is hulle baie laf en is hulle bly ons is by die huis, dan gryp hulle mekaar sommer van opgewondenheid.
 
Antwoord van dr. Sunelle
 
Dit wil vir my voorkom asof daar verskeie gedragsprobleme teenwoordig is en nie net die bakleiery nie. Daar is ongelukkig nie ‘n vinnige oplossing vir die probleme wat u hieronder beskryf nie. Ek stel voor dat julle ‘n gedragspesialis nader. Aangesien julle in Pretoria gebaseer is, kan julle dr. Quixi Sonntag (Quixi@mweb.co.za) se praktyk kontak. Vir ‘n gedragskonsultasie kan julle vir mev. Hester van Aarde kontak by 0125298207 of hester.vanaarde@up.ac.za
 
Dit is baie beter om nou die probleem aan te spreek, want hoe langer julle wag, hoe groter gaan die gedragsprobleme word.
 
Geskryf deur: dr. Sunelle Strydom (drsunelle@vodamail.co.za)
 
11 Februarie 2012
 
 Lees ook:
 
 Bakleierige honde
 Honde wat baklei
 Twee reunhondjies wat baklei
 
Honde wat baklei
Dr. Jerry Sutton, my lektor in Diereversorging, het ons geleer dat jy jou vinger in die hond se anus moet steek as hy baklei en nie wil los nie.
Ek het pas in Malelane aangekom toe ek op twee reuse vegtende honde afkom wat ten aanskoue van talle mense mekaar aan die keel beet het..
Mense het alles probeer! Spuitkannetjies, water gespuit, van mekaarprobeer trek, stokke , sweepslae om maar net ‘n paar metodes te noem, maar tevergeefs.
Die anus "triek" het uit my verlede na vore gekom en het ek die hond wat die stewigste greep gehad het van agter bekruip. Die “triek” het soos ‘n soos 'n bom gewerk. Ek moes net vinnig padgee want hy het vinnig gelos en wou nou sy nuwe aanvaller beetkry!
Niemand het my toe geken nie, maar ek was gou algemeen in Malelane bekend as die leeutemmer!
Geskryf deur: dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za)
 
 
Klink of jou en dr. Jerry se anus-triek die ding sal doen…ek moes al eenkeer 2 pitbulle met chanazine (dit was voor domitor se dae) spuit – toe raak hulle uiteindelik aan die slaap en los mekaar! Eintlik hou ek nogal van jou triek want hy maak nie regtig skade nie – ander trieks soos om die stert te trek kan dalk ‘n besering veroorsaak.
 
In hierdie spesifieke geval sou ek kastrasie sterk aanbeveel, vir altwee honde. Dit sal beslis ‘n verskil maak. En dan is dit essensieel dat hulle die honde apart hou met etenstye – hulle sal eenvoudig hulle bestuur daarvan moet verbeter.
 
Geskryf deur: dr. Quixi Sonntag, Dieregedragskundige (quixi@mweb.co.za)
 
EduPet Veterinary Consulting
PO Box 100689
Moreleta Plaza
0167
Tel +27 012 529 8472
Fax +27 866 890 445
www.edupet.co.za
 
12 Februarie 2012

Addisionele dokument

0
Geen gradering nie
Jou gradering: Geen
  • 331 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe
Nuwe inskrywing

Kommentaar

Onbekende besoeker
16 Feb 2012 17:52

Steek n opgefrommelde koerantpapier brand en gooi tussen vegters in . Die koerantpapier brand doen geen skade nie

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)


Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • John Deere-winkel gewild op Nampo
  • Boer aangerand oor begrafnis

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Omnia kry kunsmis-krismis
  • Boereworskerrie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction