|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 02:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
Katgriep teer hond uit.
Vraag:
Een van ons klein rooi Dobermanns het katgriep gehad, was by veearts, hulle het hom deurgehaal, is nou by die huis, maar sowaar, net vel en been. Hy is nou verskriklik gulsig. As jy vir hom kos gee, verslind hy dit so vinnig, dat hy naar word. Hy bly net vel en been. Hy lyk regtig sleg. Ons het hom weer by die veearts gehad wat vir ons 'n pil gegee het om hom te ontwurm. Hy eet hom dood, maar tel nie gewig op nie. - Grieta Pretorius (polokwane@suprbond.co.za)
Antwoord:
Katgriep word veroorsaak deur 'n virus (parvovirus). Die virus veroorsaak dat klein hondjies baie siek word en indien hulle die siekte oorleef, kan hulle baie lank neem om ten volle te herstel. Hulle bly ook vir 'n lang tydperk vatbaar vir ander siektes en parasiete. Ek stel voor dat 'n goeie kwaliteit hondekos, verkrygbaar by 'n veearts, aangeskaf moet word - verkieslik een van die intestinale (derm) formules. Voer klein hoeveelhede meer gereeld in plaas van groot hoeveelhede een of twee keer per dag.
'n Drie dae-behandeling met Panacur PetPaste (G3614) (fenbendasool) wat effektief is vir die behandeling van rondewurms, haakwurms en sambokwurms, asook giardia ('n parasiet wat kroniese diarree kan veroorsaak) word aanbeveel. Die pasta kan maklik toegedien word.
28 Oktober 2006
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24